SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Mynbou
Sibanye-Stillwater maak weer wins
Sibanye-Stillwater se Beatrix-goudmyn. Foto: Verskaf

Die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater het ongeag ’n halfjaar waarin 12 van sy werknemers in ongelukke dood is, weer ’n wins gemaak.

Die maatskappy se wesensverdienste van R101 miljoen vir die halfjaar tot einde Junie is ’n beduidende verbetering op sy wesensverlies van R2,2 miljard in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Sy basiese verdienste vir die tydperk is R77 miljoen teenoor die basiese verlies van R4,8 miljard van die eerste halfjaar in 2017.

Sibanye-Stillwater het sy resultate Donderdag op die JSE se nuusdiens Sens gepubliseer.

Die 12 werkers is in twee ongelukke in die Driefontein- en Kloofgoudmyn dood. Die departement van minerale bronne is steeds besig met ondersoeke na die ongelukke.

Sibanye-Stillwater sê sy goeie prestasie is alles te danke aan sy myne in die VSA en Suid-Afrika wat platinumgroepmetale (PGM’e) produseer.

Die Amerikaanse Stillwater-bedrywighede, wat Sibanye einde 2016 gekoop het, het R1,887 miljard tot die groep se aangepaste verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) bygedra. Die groep se ebitda het met 26% tot R3,896 miljard gestyg.

Sibanye-Stillwater sê sy planne om die sukkelende platinumprodusent Lonmin oor te neem vorder goed.

Hy het nou reeds goedkeuring van die Reserwebank en die Britse mededingingskommissie vir die voorgestelde transaksie ontvang.

Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, sê in ’n verklaring die maatskappy hoop om voor die einde van die jaar goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie te ontvang.

Sibanye-Stillwater het in Desember aangekondig hy gaan Lonmin – wat platinum in Noordwes myn – in ’n

aandeleruiltransaksie ter waarde van R5 miljard bekom.

Sibanye-Stillwater se aandeelprys verhandel Donderdag om 13:00 net meer as 2% laer teen R7,73.

Meer oor:  Lonmin  |  Sibanye-Stillwater  |  Neal Froneman  |  Wins  |  Mynboubedryf  |  Resultate  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.