Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Sibanye-Stillwater troef Amcu wéér in hof

Die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater het die mynwerkersvakbond Amcu wéér ore aangesit in ’n hof.

’n Mynwerker stap verby Lonmin se Marikana-myn in Noordwes.Foto: Bloomberg

Dié keer het die Mededingingsappèlhof die Mededingingstribunaal se goedkeuring dat hy Lonmin kan bekom, gehandhaaf.

Amcu het appèl aangeteken teen dié goedkeuring wat reeds op 21 November verlede jaar gegee is.

Amcu se aansoek is met koste van die hand gewys.

“Ons is tevrede dat die hof die tribunaal se besluit gehandhaaf het. Ons is daarvan oortuig dat die integrering van Lonmin se platinumgroepmetaalbates met Sibanye-Stillwater se aangrensende bedrywighede, ’n volhoubaarder en positiewer toekoms vir hierdie bates sal meebring,” sê Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, in ’n verklaring nadat die uitspraak gelewer is.

Ben Magara, uitvoerende hoof van Lonmin, verwelkom ook die besluit.

“Dit laat aandeelhouers nou toe om op 28 Mei oor dié transaksie te stem,” sê hy.

Amcu het in Maart ook ’n hofsaak teen Sibanye-Stillwater verloor.

Die vakbond wou toe ’n interdik bekom wat die mynmaatskappy sou keer om voort te gaan met ’n art. 189-proses ingevolge die Arbeidswet.

Sibanye-Stillwater het op 14 Februarie aangekondig dat hy sy goudmynbedrywighede gaan herstruktureer.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Amcu  |  Stakings  |  Vakbonde  |  Goudmyne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.