Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Sibanye tot rommel afgradeer weens staking, Eskom
Sibanye-Stillwater se Beatrix-goudmyn naby Welkom in die Vrystaat.

Die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater is Woensdag ná die sluiting van die mark deur die internasionale kredietgradeerder Moody’s tot rommel afgradeer.

Moody’s het gesê dit hou verband met die toenemende gevare wat die moeilike bedryfstoestande in Suid-Afrika vir sy kredietprofiel inhou.

Dit hou ook verband met die toenemende gevare dat die maatskappy nie sy R6 miljard wentelkredietgerief gaan kan herfinansier wanneer dit in November vanjaar terugbetaal moet word nie.

Die verbetering wat Moody’s verwag het gaan langer neem as verwag weens die staking by sy myne sedert 21 November.

“Die onopgeloste staking by Sibanye-Stillwater se goudmyne hou baie langer aan as wat Moody’s verwag het.”

Moody’s het ook gemaan as die staking nie beheer gaan word en gekeer word dat dit na sy platinummyne uitbrei nie, gaan dit sy kredietsake verder verswak.

Moody’s is reeds bekommerd die maatskappy is in gevaar weens die loononderhandelinge in die platinumsektor wat middel vanjaar begin en die besluit om Lonmin te bekom.

Boonop het Suid-Afrika probleme met sy kragsektor en daar is onsekerheid oor die omvang van die styging in elektrisiteitspryse wat aangekondig gaan word en oor kragonderbrekings.

Sy kredietgradering is van Ba2 na Ba3 verlaag wat ’n nie-beleggingsgradering is.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Eskom  |  Joseph Mathunjwa  |  Neal Froneman  |  Amcu  |  Goud  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.