Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Sipho Pityana: ‘Zuma moet gaan!’
Sipho Pityana, voorsitter van AngloGold Ashanti.Foto: Verskaf

“Onder die nie so uitstekende pres. Jacob Zuma se leiding is die olifant in die vertrek ’n president sonder integriteit en waardigheid.”

Dít was deel van Sipho Pityana, voorsitter van AngloGold Ashanti, se tirade teenoor veral die president in sy toespraak Woensdag in Sandton by die Joburg Indaba.

“Zuma moet gaan! Ter wille van ons land moet Zuma gaan!” het hy gesê.

Pityana, ’n jare lange ANC-kader, het einde Augustus opspraak gemaak toe hy op Makhenkesi Stofile se begrafnis ook teen Zuma en korrupsie uitgevaar het.

Woensdag het hy breedvoerig uitgevaar oor hoe korrupsie die ekonomie dreineer.

Hy het sakeleiers gewaarsku: “Geen van die beloftes wat hy aan die sakewêreld maak, kan geglo word nie. Hy kan nie vertrou word nie.

“Dit is dalk die belangrikste grondwetlike plig van enige president om die soewereiniteit van ’n nasie te beskerm. Tog is dit hierdie soewereiniteit, die onafhanklikheid van ons republiek, wat ek glo bedreig word deur die wydverspreide korrupsie en skadelike invloed op dele van ons regering deur verskanste eiebelang.”

Hy het egter hoë lof vir mense, veral dié wat binne die ANC is, wat hul stem begin dik maak en vrae vra oor die land se toekoms onder die huidige leierskap.

Hoewel hy nie Pravin Gordhan, minister van finansies, by name genoem het nie, het hy gesê: “Ons minister van finansies, ’n seldsame voorbeeld van eerlikheid en goeie bestuur en die regte staatsamptenaar in ’n leidende rol wat poog om ons beleggingsgradering te handhaaf, word om elke hoek en draai aangeval en geïntimideer.”

Pityana sê die president is op sy beste nie daar waar hy moet wees nie; op sy swakste is hy deel van die probleem wanneer dit by staatskaping kom.

Hy sê dit is eintlik skokkend dat dié term deesdae so gereeld deur so baie mense gebruik word.

Hy het spesifiek verwys na hoe vinnig Zuma vroeër dié week “verdwyn” en in “Luthuli-huis gaan wegkruip het” in plaas daarvan dat hy régtig met studente in gesprek tree oor die huidige onderwyskrisis.

Pityana het ’n beroep op Suid-Afrikaners van alle dele van die samelewing gedoen om op te staan vir hul regte en te help om die land te beskerm.

“Wanneer leierskap so skouspelagtig soos ons s’n misluk, is dit uiteindelik gewone burgers wat die moed het om in die hul Grondwet te verdedig en die soewereiniteit wat dit waarborg, moet beskerm.

“As burgers het ons ’n reg om op beter leierskap aan te dring. Ons het die reg om te vra die president moet uittree voor die einde van sy termyn.”

Hy het onder staande ovasie gesê: “Ons moet die oomblik aangryp en Suid-Afrika red voordat dit te laat is.”

Meer oor:  Anglogold Ashanti  |  Joburg Indaba  |  Ekonomie  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.