Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Slagoffers van damramp begin groepsaak teen BHP

’n Groepgeding is pas teen die Australiese mynreus BHP aanhangig gemaak vir die 2015-damramp in Brasilië waarin 19 mense dood is.

Die Samarco-dam in Brasilië. Foto: Bloomberg

BHP, wat ’n sekondêre notering op die JSE het, bevestig in ’n Sens-verklaring die geding is in die federale hof van die Australiese deelstaat Victoria aanhangig gemaak.

BHP sê hy is van plan om die eis teen te staan.

Die damwal by die Samarco-myn in die ooste van Brasilië het op 5 November 2015 gebreek.

Benewens die sterftes is miljarde liters slik in die Rio Doce-rivier gestort en dit word as die grootste omgewingsramp tot nog toe in Brasilië bestempel.

Samarco, ’n gesamentlike vennootskap tussen BHP en Vale, het voorheen gesê sy ondersoek toon ’n aanpassing gedurende die bou van die Fundão-slikdam was die rede hoekom die wal gebars het.

Samarco het in Junie vanjaar ’n skikkingsooreenkoms ter waarde van $5,3 miljard met die Brasiliaanse regering gesluit vir die ramp.

Die maatskappy sal ook $211 miljoen tot die Renova-stigting bydra. Dis ’n fonds vir die slagoffers van die ramp en hul familie.

Meer oor:  Vale  |  Mynbou  |  Dam  |  Mynmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.