Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Solidariteit: Ons vertrou Lonmin-hoof nie meer
Joseph Mathunjwa, Amcu se president, en Ben Magara, uitvoerende hoof van Lonmin, in Oktober 2016 met die ondertekening van ’n loonooreenkoms. Foto: Elvira Wood

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê in ’n ope brief hy vertrou nie meer vir Ben Magara, uitvoerende hoof van Lonmin, nie.

“U dra nie die belange van u vaardige werkers en die mynbousektor op die hart nie,” lui die brief.

Dit kom nadat Lonmin Solidariteit vroeër vandeesmaand in kennis gestel het dat hy voortaan net die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) gaan erken.

Lonmin het verlede week aan die vakbonde Solidariteit, die National Union of Mineworkers (NUM) en Uasa kennis gegee dat hul erkenning en organisatoriese regte by Lonmin opgehef gaan word en dat net Amcu as vakbond erkenning sal geniet, sê Solidariteit.

Du Plessis sê hy skryf die ope brief omdat Magara nie hou by ’n ooreenkoms om dié drie vakbonde se erkenningsregte, wat al drie jaar lank van krag is, te handhaaf nie.

Du Plessis skryf hoe Solidariteit tydens die Marikana-staking en -slagting in 2014 ’n ondersteunende rol aan Lonmin gebied het toe die myn deur Amcu op sy knieë gedwing is.

“Dit is die einste Amcu wat nou eis dat die ander drie vakbonde se regte opgeskort word,” sê Du Plessis.

“Ek onthou nog dat u en ek tydens die afhandeling van die beperkteregte-ooreenkoms in die teenwoordigheid van ons verteenwoordigers hand geskud het waar u plegtig belowe en u woord gegee het dat ons regte nou veilig is en gehandhaaf sal word. Ek het u woord aanvaar maar nadat u die vertrek verlaat het, tog aan ons koukus genoem ‘dat die toekoms sal bepaal of u wel ’n man van u woord is’.”

Meer oor:  Solidariteit  |  Lonmin  |  Amcu  |  Num  |  Ben Magara  |  Gideon Du Plessis  |  Marikana  |  Mynbedryf  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.