Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Solidariteit skop vas oor loonaanbod by goudmyne

Die vakbond Solidariteit het die Mineraleraad van Suid-Afrika (MRSA) se voorwaardelike hersiene aanbod as ’n “klap in gesig van vaardige werknemers” bestempel.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit.

Dié vakbond is saam met drie ander in loononderhandelings vir die goudmynsektor gewikkel met die MRSA, wat AngloGold Ashanti, Sibanye-Stillwater, Village Main Reef en Harmony Gold verteenwoordig.

Solidariteit, wat veral ambagslui en werknemers op hoër inkomstevlakke verteenwoordig, sê die MRSA het Dinsdag ’n voorwaardelike hersiene aanbod gemaak onderhewig daaraan dat vakbonde eers ander sogenaamde hoëkoste-eise van die tafel verwyder.

“Die voorwaardelike hersiene salarisverhogingsaanbod aan ambagsmanne en ander senior werknemers wissel tussen 4% (Sibany-Stillwater en Village Main Reef) en 5% (AngloGold Ashanti en Harmony) teenoor ’n heelwat hoër aanbod wat wissel tussen 6,8% en 8,2% vir werknemers in kategorie vier tot agt.”

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, verwerp die vakbond dié voorwaardelike aanbod in beginsel omdat hy dit as diskriminerend beskou.

“Die ambagsmanne en meer senior werknemers kan nie aanvaar dat hulle laer verhogings moet kry om ander posvlakke se hoër verhogings te subsidieer nie,” sê Du Plessis.

“Solidariteit verwelkom wel die aanbiedings aan die werknemers in kategorie vier tot agt, maar die laer aanbod aan die vaardige werknemers is ’n praktyk uit die verlede om die historiese loongaping tussen die kategorieë te verklein.” Die vakbond voer aan die loongaping is nou só verklein dat die kategorieë se vergoedingspakkette heelwat nader aan mekaar is.

Verder is die kategorie vir ambagsmanne en senior werknemers volgens Solidariteit “ongeveer 70% getransformeer” en kan diskriminasie teen hulle ook nie meer ’n ras-argument inhou nie.

“Die verskil in die loonaanbiedings tussen die twee kategorieë was nog nooit voorheen so groot nie,” sê Du Plessis.

Hoewel die National Union of Mineworkers ’n geskil verklaar het, sal Solidariteit met die onderhandelinge voortgaan, lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.