Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Spog op Zoom help verkope van juweliersware
Mense wat mooi wil lyk op aanlyn vergaderings koop glo al hoe meer duur juweliersware. Foto: Pixabay

Amerikaners wat nie kan reis nie, maar wil mooi lyk in vergaderings op Zoom, is goeie nuus vir die diamantreus De Beers.

Bloomberg berig dat verskeie juweliers in Amerika, wat die bekende Tiffany & Co. en Signet Jewelers insluit, se verkope vir die drie maande tot einde Augustus beduidend beter lyk.

Gina Drosos, uitvoerende hoof van Signet Jewelers, sê daar is ’n beduidende styging in die verkoop van “Zoom-waardige” juweliersware soos diamantoorbelle en hangertjies.

Jeff Gennette, uitvoerende hoof van Macy’s, wat ook juweliersware verkoop, sê dit is duidelik dat ryker Amerikaners wat nou nie kan of wil reis nie, of selfs gaan uiteet nie, tot meer as $50 000 aan juweliersware bestee.

Dié tendens is waarskynlik goeie nuus vir De Beers, wat die afgelope jaar reeds minder as die helfte van die diamante kon verkoop as verlede jaar.

Bruce Clever, uitvoerende hoof, sê in ’n verklaring die Covid-19-pandemie het ’n groot impak op diamantverkope.

Dit het De Beers genoop om die manier waarop hy diamante verkoop, te verander.

Waar die maatskappy se diamantverkope voorheen net ’n week lank geduur het, laat De Beers kopers nou toe om hom deurgaans te nader vir diamante.

Hy sê die $320 miljoen se verkope wat hy vir die sewende verkoopsiklus van die jaar verwag, is vir die tydperk van 19 Augustus tot 10 September.

Hoewel dié bedrag 11% hoër is as wat De Beers ’n jaar gelede in die sewende verkoopsiklus kon verkoop, het hy in 2020 nog net $1,398 miljard se diamante verkoop. Dit is 52% minder as die $2,921 miljard wat hy teen dié tyd verlede jaar kon verkoop.

Meer oor:  Zoom  |  De Beers  |  Diamante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.