Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Staat se bod vir Guptas se Optimum ‘te laat’

’n Konsortium, waarvan die African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC) lid is, sê hy gaan ’n aanbod indien om die Guptas se Optimum-steenkoolbates te koop. Die sakeredders sê egter dis te laat - die bod is reeds aan Project Halo toegeken.

Die AEMFC, wat deur die staat besit word, bedryf een steenkoolmyn naby Ogies in Mpumalanga.

“Die AEMFC glo die Optimum-steenkooltransaksie is noodsaaklik vir die land se energiesekerheid en steun ’n proses waar hierdie bates op ’n deursigtige, verantwoordelike en billike wyse toegeken word,” sê die maatskappy in ’n verklaring.

Sizwe Madondo, uitvoerende hoof van AEMFC, sê in die verklaring hulle glo die bod het die potensiaal om te wys hoe ’n werkbare en volhoubare vennootskap tussen die openbare en die private sektor (PPP) geskep kan word. Hy sê egter nie wie sy private vennoot is nie.

Netwerk24 het navraag hieroor gedoen en sal die inligting bywerk sodra ’n antwoord ontvang is.

“Ons gesamentlike verbintenis tot die transformasie van die mynsektor – en ons vennoot se bewese agtergrond van bedryfsuitnemendheid – kan betekenisvolle en tasbare groei vir Optimum lewer. Ons bod sal ook verseker dat die staat, deur middel van hierdie PPP, nie net die doeltreffende gesamentlike bewaring van ’n strategiese nasionale bate demonstreer nie, maar ook belê in ’n proaktiewe strategie om energiesekerheid vir alle Suid-Afrikaners te verseker,” lui die verklaring.

Die konsortium sê hy het gewaarborgde finansiering en die nodige bedryfskundigheid om te verseker dat die myn volhoubaar bedryf sal word.

Die AEMFC se bod kom meer as ’n maand nadat Optimum se sakeredders die konsortium Project Halo as aangewese kopers van die Optimum- en die Koornfontein-myn, asook hul belang in die steenkoolterminus in Richardsbaai aangewys het.

Project Halo het ’n bod van R3,6 miljard vir die bates ingedien.

Dit het egter die oë van sommige belanghebbendes laat rek, onder meer dié van die Phakamisa-konsortium, wat ook gebie het, en die National Union of Mineworkers (NUM).

Bouwer van Nierkek, prokureur vir die sakeredders van die Optimum-myn, het laatmiddag aan Netwerk24 bevestig dat hy geen bod van AEMFC ontvang het nie.

“Die hele proses is deur my kantoor behartig. Ons het niks van AEMFC ontvang nie.

“Die proses is reeds afgehandel. Ons het reeds aan Eskom en Centaur, Optimum se twee grootste krediteure, voorgestel dat Project Halo se bod aanvaar moet word.

“Ons gaan nie nou die bodproses weer begin of verander nie,” sê hy.

Meer oor:  Optimum  |  Eskom  |  Project Halo  |  Glencore  |  Tegeta  |  Guptas  |  Steenkool  |  Krag  |  Steenkoolkontrakte  |  Sakeredding  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.