Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Staking, probleme noop mynreus om R1,8 mjd. in te samel
Sibanye-Stillwater se naambord by sy Cooke-bedrywighede suidwes van Johannesburg.

Die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater het R1,8 miljard met ’n boekbouproses insamel.

Die maatskappy sê vroeg Woensdagoggend in 'n verklaring hy het al 108 932 356 aandele wat hy in dié proses wou verkoop, teen R15,50 elk van die hand gesit.

Die plasing verteenwoordig 5% van sy bestaande getal aandele en is deur “sekere institusionele beleggers” gekoop.

Die maatskappy het Dinsdagaand in ’n verklaring wat vóór die plasing uitgereik is, gesê dat probleme by sy goudmyne, die invloed van die Amcu-staking én die komende onderhandelinge oor lone by sy platinummyne, hom genoop het om dié stap te neem.

“Ten einde te verseker dat enige potensiële opkomende gebeure op ’n strategies toepaslike wyse hanteer kan word, sowel as om die groep gunstig te posisioneer vir enige onvoorsiene eksterne makro-ekonomiese afwaartse risiko’s gedurende hierdie tydperk, beskou die bestuur dit verstandig om deur middel van die plasing voldoende finansiële buigsaamheid te verseker,” lui die verklaring.

JP Morgan Securities hanteer die boekbou.

Staking

Die staking deur Amcu kom Sibanye-Stillwater duur te staan.

Hy sê in die verklaring sy goudproduksie gedurende die eerste kwartaal van 2019 beloop net 36% van wat hy in die ooreenstemmende tydperk ’n jaar tevore geproduseer het.

Die verwagte 104 000 fynons goud wat wel geproduseer is, is 90% van wat Sibanye-Stillwater gehoop het om onder staaktoestande te lewer.

Amcu staak reeds sedert 21 November by Sibanye-Stillwater se goudmyne oor lone.

In die jongste verwikkeling wat die staking betref, het Sibanye-Stillwater Maandag aangekondig hy beplan om die arbeidshof te nader en dit onwettig te laat verklaar.

Luidens die maatskappy het hy bewyse wat deur eksterne ouditeure gedoen is dat Amcu nié die meerderheid van sy werkers verteenwoordig nie. Sy loonooreenkoms met die National Union of Mineworkers (NUM), Uasa en Solidariteit is dus volgens hom geldig.

Amcu stem egter nie saam nie en sê hy is ongelukkig dat die mynreus die “hoogs onetiese stap gedoen het” om die bevindinge van die “gebrekkige” oudit te publiseer nog voordat dispuutresolusie daaroor afgehandel is.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Amcu  |  Staking  |  Goudmyne  |  Platinum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.