Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Sterftes by myne ruk handuit

Lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale bronne het Woensdag hul skok uitgespreek oor sterftes by myne in Suid-Afrika wat die afgelope jaar toegeneem het.

Sterftes by Suid-Afrikaanse myne het die afgelope jare toegeneem. Foto: iStock

Volgens die departement van minerale bronne het die getal sterftes by myne gedurende 2017 en 2018 van 51 tot 58 gestyg.

Beserings in dieselfde tydperk het van 1 749 tot 1 358 afgeneemr. Die goudsektor het die meeste sterftes gehad met 23 in 2017 en 32 in 2018. Die getal myners wat gesterf het by steenkoolmyne het verminder van agt tot ses, terwyl dié getal by platinummyne van 14 na ses sterftes verminder het.

Goudmyne het die beste daarin geslaag om beserings te verminder met ’n syfer van 703 in 2017 tot 486 in 2018. Die steenkoolsektor se beserings het verminder van 128 tot 93, terwyl die aantal beserings by platinummyne ook verlaag het van 731 tot 599. - Fin24

Meer oor:  Mynbou  |  Mynsterftes  |  Goudmyne  |  Departement Van Minerale Bronne  |  Goud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.