Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Swak rand, duur goud laat Sibanye-Stillwater glinster
Sibanye-Stillwater produseer goud en platinum in Suid-Afrika en die VSA. Foto: Argief

Danksy die swak rand, die goudprys wat die hoogte ingeskiet het en met geen stakings nie, verwag Sibanye-Stillwater skitterende resultate vir die ses maande tot einde Junie.

Die maatskappy het Vrydagoggend in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens Sens gesê hy verwag sy basiese verdienste gaan met ’n enorme 3 780% tot R9,385 miljard styg. ’n Jaar gelede het hy ’n basiese verlies van R255 miljoen gely.

Basiese verdienste per aandeel gaan na verwagting R3,51 wees, teenoor die basiese verlies per aandeel van 11c ’n jaar gelede.

Wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting R3,50 wees. Dit is teenoor die wesensverlies van 54c ’n jaar gelede.

Sibanye-Stillwater sê dié ommeswaai is danksy die volgende faktore:

  • Daar was ’n verbeterde bedryfsprestasie by sy goudmyne in Suid-Afrika, ongeag die uitdagings waardeur die maatskappy in die gesig gestaar is weens die Covid-19-pandemie.
  • Lede van die vakbond Amcu het nie gestaak soos wat die geval gedurende die eerste helfte van die 2019-boekjaar was nie.
  • Die Marikana-platinummyn se bydrae word nou vir die eerste keer vir ’n volle ses maande ingereken.
  • Hulpbronpryse is beduidend hoër as ’n jaar gelede.
  • Die rand was gemiddeld 17% swakker teenoor die dollar as ’n jaar gelede. Sibanye-Stillwater verkoop hulpbronne in dollar, maar die meeste van sy uitgawes is in rand. ’n Swakker wisselkoers tel dus in sy guns.

Die maatskappy sê hy verwag ’n inkomste van R55 miljard vir die ses maande. Dit is 134% meer as ’n jaar tevore.

Sibanye-Stillwater sê hoewel sy goudmyne net 54% en sy Suid-Afrikaanse platinummyne net 47% van beplande produksie tussen April en Junie kon lewer, kon hy van sy voorraad wat hy gehad het verkoop om sodoende die tekort aan onse wat verkoop is teen te werk.

Hy sê sy Suid-Afrikaanse platinummyne het teen einde Julie produksievlakke van tussen 70% en 75% bereik. Sy goudmyne het produksievlakke van gemiddeld 90% bereik.

Oor die ses maande het die maatskappy egter 17% méér goud en 5% meer platinumgroepmetale as ’n jaar gelede geproduseer. Die stygings is omdat daar nie stakings by sy goudmyne was nie en omdat die Marikana-myn se produksiesyfers ingereken kon word.

Wat Sibanye-Stillwater se bedrywighede in die VSA betref, sê die maatskappy produksie gaan voort, ongeag die uitdagings in dié land weens die Covid-19-pandemie.

Sibanye-Stillwater se aandele het Vrydagoggend kort nadat die handelsverklaring gepubliseer is, reeds met bykans 7% tot R53,20 op die JSE gestyg.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Goud  |  Platinum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.