Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Tegeta vra 3de keer om Guptas se Oakbay te likwideer
Tegeta Exploration and Resources het ’n derde aansoek gebring om Oakbay te laat likwideer.

Tegeta Exploration and Resources het die hooggeregshof in Johannesburg ’n derde keer gevra om die Guptas se Oakbay Investments te likwideer.

Oakbay is die beheermaatskappy van Tegeta.

Volgens die sakereddingspraktisyn Kurt Knoop se beëdigde verklaring wat op 9 Januarie by die hof ingedien is, is daar geen hoop meer dat Oakbay weer sake in Suid-Afrika sal doen nie.

Tegeta besit ’n groot belang in die omstrede Optimum-steenkoolmyn wat voorheen steenkool aan Eskom gelewer het.

Knoop wys daarop dat Tegeta elke keer hom op die hof moes beroep voordat Oakbay net voor uitspraak gelewer word, besluit om óf te betaal óf te skik.

Knoop sê nou dat Tegeta ’n derde keer ’n aansoek vir likwidasie moet bring om geld uit Oakbay te kry, behoort daar geen twyfel te wees dat die enigste uitweg gaan wees om wel sy aansoek goed te keur nie.

Tegeta sukkel elke keer om geld terug te kry wat Oakbay hom skuld vir kantoorhuur en sakedienste.

Die jongste aansoek van 176 bladsye verduidelik – net soos voorheen – dat Oakbay nie sy skuld sal kan delg nie.

Volgens die hofdokumente, sê Tegeta nou dat ’n forensiese ondersoek as deel van sy eie sakeredding, dit aan die lig gebring het dat Oakbay hom R402,3 miljoen skuld vir ’n lening wat reeds in 2016 aangegaan is.

Knoop sê in sy verklaring al die regte prosesse is reeds gevolg, maar Oakbay het steeds nie vir Tegeta betaal nie.

Hy dring nou aan dat die maatskappy gelikwideer word.

Knoop wys in dié aansoek ook weer daarop dat Oakbay geen bankrekening het waarmee hy die skuld kan betaal nie.

Dit kom nadat alle Suid-Afrikaanse banke die rekeninge van Gupta-maatskappye gesluit het.

Bank of Baroda het wel dié rekeninge oorgeneem, maar het in 2018 besluit om hom eerder aan Suid-Afrika te onttrek, wat daartoe gelei het dat die maatskappye geen bankgeriewe meer gehad het nie.

“Daar is geen vooruitsigte dat die respondent (Oakbay) weer ’n bankrekening in Suid-Afrika sal kan oopmaak nie.

“Onder dié omstandighede is daar ook geen moontlikheid dat die respondent weer transaksies as ’n sakeonderneming in Suid-Afrika sal kan doen nie,” lui die verklaring.

Knoop wys ook daarop dat die onderskeie Gupta-maatskappye in sakeredding sowat R4 miljard skuld.

Dit sluit in die Optimum- en die Koornfontein-steenkoolmyn, die Optimum-steenkoolterminus in Richardsbaai en Shiva Uranium.

Aangesien Oakbay as beherende maatskappy sy inkomste uit sy filiale verdien, is daar geen kans volgens Knoop dat hy binnekort dit sal kan doen nie. Veral nie omdat al sy filiale nie in bedryf is nie óf in die proses is om gelikwideer te word.

Oakbay het voorheen skuld van R2 miljoen betaal en daarna oor ’n verdere R3,8 miljoen geskik om Tegeta se vorige likwidasie-aansoeke af te weer.

Meer oor:  Tegeta  |  Oakbay  |  Guptas  |  Optimum Steenkoolmyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.