Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Trans Hex staak produksie by Baken
Trans Hex het verskeie diamantmyne in die Noord-Kaap.

Trans Hex wil werkers by sy Baken-myn in die Noord-Kaap aflê en produksie hier staak.

Die myn is naby Sanddrift op die Oranjerivier.

’n Kennisgewing is aan die vakbond NUM uitgereik en die konsultasieproses ingevolge art. 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge het op 1 September begin.

Die myn was langer as 45 jaar in bedryf.

Daar is tans 332 mense wat daar werk.

“Die maatskappy het gedoen wat hy kon om die bedrywighede by Baken aan die gang te hou, maar die myn se lae produksie en gevolglike finansiële verlies word nou as onvolhoubaar beskou.”

Die myn het in die boekjaar tot einde Maart ’n verlies van R35,8 miljoen gely.

Van April tot einde Julie het sy verlies toegeneem tot R46,5 miljoen.

Die myn sal nog tydens die konsultasieproses in bedryf wees, maar van 1 November af sal daar geen produksie wees nie.

Meer oor:  Diamante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.