Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Tribunaal sê gou oor South32 se bates

Die mynbougroep South32 verwag om binnekort die uitslag te hoor van die mededingingsowerhede se ondersoek na die verkoop van sy Suid-Afrikaanse steenkoolmyne.

South32 se Wessels-mangaanmyn in die Noord-Kaap.

South32 wil sy steenkoolbates aan Seriti Resources verkoop, en die Mededingingstribunaal gaan na verwagting binne tien werksdae sy besluit oor dié transaksie bekend maak.

Die transaksie is ook onderhewig aan goedkeuring van Eskom. Sowat die helfte van South32 se plaaslike steenkool word aan Eskom verkoop.

South32 verwag dat die transaksie eers teen Maart 2021 afgehandel sal wees, het hy aan aandeelhouers te kenne gegee via ’n Sens-verklaring.

Dit is deel van South32 se proses om ontslae te raak van sy Suid-Afrikaanse bates.

Kragkontrak vir Hillside by Nersa

South32 het tesame daarmee aangedui dat ’n nuwe kragkoopooreenkoms met Eskom beklink is vir elektrisiteitslewering aan sy Hillside-aluminiumsmelter in Richardsbaai. Eskom het die ooreenkoms aan die nasionale energiereguleerder voorgelê vir goedkeuring, en Nersa sal na verwagting teen Junie volgende jaar die aansoek verwerk.

Dit behels ’n nuwe kragkoopkontrak van tien jaar wat in rand gedenomineer is.

Die Hillside-smelter is die grootste enkele kliënt van Eskom en koop jaarliks byna 5% van al die krag wat Eskom opwek. ’n Vroeëre poging van Eskom en South32 om ’n nuwe kragkoopooreenkoms te sluit, is aan die begin van die jaar deur Nersa afgekeur, het SakeRapport berig.

Eskom het vir jare krag teen ’n verlies aan Hillside verkoop weens ’n omstrede kontrak wat lank geheim gehou is. Dit is in die vroeë 1990’s met BHP Billiton gesluit wat eers Hillside besit het. South32 het Hillside geërf toe hy uit BHP Billiton ontbondel is.

Die tarief wat BHP Billiton betaal het, was volgens ’n ingewikkelde formule gegrond op die dollarprys van aluminium in Londen, die randdollarwisselkoers en Amerikaanse produksieprysinflasie.

South32 lewer steenkool, mangaan, silwer, lood, sink, bauxiet en aluminium in sy bedrywighede in Australië, Suider-Afrika en Suid-Amerika.

Meer oor:  South32  |  Krag  |  Kragtariewe  |  Steenkool  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.