Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Uasa, NUM ontsteld oor Amcu-ooreenkoms

Die United Association of South Africa (Uasa) beskuldig Anglo American Platinum (Amplats) en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) dat hulle ’n onwettige, onderduimse en geheime loonooreenkoms aangegaan het.

Uasa het Maandag ’n verklaring uitgereik wat lui dat hulle die saak na die arbeidshof sal neem.

Werkers tydens Amcu se vyf maande lange staking in 2014. Foto: Alet Pretorius

“Ná ’n volle maand se onderhandelinge tussen georganiseerde arbeid en bestuur, waarby twee onderhandelaars van die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (KVBA) betrokke was, het Amplats se senior bestuur ’n onwettige ooreenkoms, wat Uasa en die National Union of Mineworkers (NUM) heeltemal uitgesluit het, met Amcu onderteken,” sê die vakbond in die verklaring.

“Die ooreenkoms druis teen die regte in wat Uasa en NUM as gelyke vennote met betrekking tot die arbeidsverhoudingsooreenkoms (AVO) tussen Amplats, Uasa, NUM en Amcu het.”

Volgens die verklaring het Uasa afsonderlike en meer aansienlike voorstelle deur die loop van die loononderhandelinge aan die bestuur voorgelê.

“Ondanks die feit dat Uasa in goeder trou in die kollektiewe bedingingsproses met Amplats se bestuur en ander vakbonde betrokke was, blyk dit die bestuur het dit goed geag om op ’n bedrieglike wyse beheer van hierdie kollektiewe bedingingsproses oor te neem en om in die geheim te onderhandel en ’n onwettige ooreenkoms te beding,” lui die verklaring.

Uasa, sowel as NUM, het Amplats versoek om aan die AVO te voldoen – indien nie, sal voortgegaan word met ’n dringende hofaansoek.

“Die onwettige ooreenkoms wat tussen Amcu en Amplats gesluit is, is nie geldig nie en Uasa en NUM moet toegelaat word om met die jaarlikse loononderhandelinge met Amplats in ooreenstemming met die AVO voort te gaan.

“Dit is vir Uasa duidelik dat Amplats sowel as Amcu die oppergesag van die reg verontagsaam het deur die onderduimse aangaan van hierdie onwettige ooreenkoms.”

Uasa sê ordelike verhoudinge in die bedryf is nodig om ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika te verseker.

Amplats het op 28 Oktober in ’n Sens-verklaring aangekondig hy het ’n loonooreenkoms vir die volgende drie jaar met Amcu onderteken.

Die basiese ooreenkoms behels maandelikse lone sal met R1 000 of 7% (watter ook al die groter bedrag is) per jaar vir vakbondlede wat deel is van die ooreenkoms verhoog word. Dit kom neer op verhogings van tussen 12,5% vir die laagste besoldigde en 7% vir ander vakbondlede wat op hoër salarisvlakke aangestel is.

Volgens die Sens-verklaring is die ooreenkoms ook aan die NUM en Uasa aangebied, asook aan werkers wat nie aan ’n vakbond behoort nie.

Sibanye het intussen, op 1 November, beheer van Amplats se Rustenburg-platinummyne oorgeneem nadat hy dit teen ’n bedrag van R1,5 miljard verkry het.

Amcu sê hy het nog geen gesprekke met Sibanye oor lone gevoer nie.

Amcu het op 31 Oktober aangekondig hy het soorgelyke ooreenkomste met Lonmin en Impala Platinum aangegaan.

Meer oor:  Amplats  |  Lonmin  |  Amcu  |  Num  |  Impala Platinum  |  Uasa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.