Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Verlief? Verloof? Die ‘bling’ is terug

Juweliers wêreldwyd koop weer meer ongeslypte diamante. Veral Chinese en Amerikaners koop weer meer luukse juweliersware met glinsterende diamante in.

Gekleurde, natuurlike diamante is selfs skaarser as deursigtige diamante en baie gesog onder diamantliefhebbers. Foto: De Beers

Volgens Anglo American is daar tussen 7 en 22 Junie ongeslypte diamante ter waarde van $470 miljoen verkoop. Dis ’n stewige 22% meer as die $385 miljoen se ongeslypte diamante wat tussen 3 en 18 Mei vanjaar verkoop is.

“Die aanvraag na juweliersware met diamante in het veral in sleutelmarkte positief vertoon,” sê Bruce Cleaver, uitvoerende hoof van De Beers. Anglo ontgin en verkoop diamante deur sy filiaal De Beers.

Hy verwys spesifiek na verbruikers in China en Amerika wat graag diamantjuweliersware koop en sê die vraag vanuit Indië is ook besig om te herstel. Dié faktore saam dra by tot ’n sterk vraag na ongeslypte diamante.

Dit kom nadat die Covid-19-pandemie diamantverkope byna in duie laat stort het. Tussen Mei en Junie 2020 is baie minder ongeslypte diamante verkoop, ter waarde van net $56 miljoen.

De Beers moes sy benadering teenoor die verkope van ongeslypte diamante aanpas na ’n meer buigbare een soos mense wêreldwyd ingeperk is weens die pandemie.

Volgens De Beers se syfers vir die eerste kwartaal van 2021 het die produksie van diamante met 7% tot 7,2 miljoen karaat gedaal in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Produksie in die eerste kwartaal het slegs by sy bedrywighede in Suid-Afrika verhoog, terwyl dit in Namibië, Kanada en Botswana verminder het.

Volgens De Beers het die aanvraag na ongeslypte diamante in die eerste kwartaal teruggekeer na die vlakke wat dit voor die pandemie was.

Tot 1,2 miljoen karaat is in die eerste kwartaal in Suid-Afrika geproduseer en verteenwoordig ’n 55%-toename gemeet aan die vorige vergelykbare tydperk.

Volgens Cleaver bly hulle optimisties dat die positiewe sentiment oor diamante sal voortduur en sien hulle uit na die tweede helfte van die jaar. “Hoewel risiko’s heers as gevolg van die pandemie, is die marksentiment bemoedigend.”

Meer oor:  Verbruikers  |  Juweliersware  |  Luukse Goedere  |  Diamante  |  De Beers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.