Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Werkers by Lace hul werk kwyt
’n Reënstorm in November was dalk die laaste spyker in die Lacediamantmyn se doodskis.Foto: Argief

DiamondCorp het Maandag al sy werkers by sy Lacediamantmyn afgedank.

DiamondCorp, wat op die JSE se AltX genoteer is, het op 16 November bekend gemaak dat hy die Lacemyn in sakeredding plaas.

Verskeie terugslae het die myn die afgelope maande getref.

In Oktober kon hy nie bykomende finansiering van £500 000 bekom om die myn in bedryf te hou nie en wou hy die myn verkoop.

Vroeg in November het hy wel finansiering van die beleggingsfirma Rasmala gekry, maar toe het meer as 90 mm reën binne ’n uur oor die oopgroefmyn uitgesak – byna ’n derde soveel as wat die myn gewoonlik in ’n jaar kry. Die stortreën het die myn se pompstelsel oorweldig en infrastruktuur beskadig. Die produksievlak is tot op ’n diepte van 310 m oorstroom.

Hulle het toe besluit om ’n sakereddingspraktisyn aan te stel.

Die maatskappy het Maandag in ’n verklaring op Sens, die JSE se nuusdiens, gesê hy en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) en die Association of Mining & Construction Union (Amcu) kon nie ooreenkom op ’n strategie om die myn te onderhou nie. Die werkers word dus afgedank terwyl die NOK se finansiële steun soos op 28 Februarie ooreengekom, ook nie meer beskikbaar is nie.

Die maatskappy sê as hy nie teen middel Mei genoeg geld gekry het en sy skuld aansienlik herstruktureer het nie, sal hy om likwidasie aansoek doen.

Lace is ’n geskiedkundige myn wat tussen 1901 en 1931 in bedryf was. Die myn is bekend om die pienk en pers diamante wat hier uitgehaal is.

DiamondCorp is ’n Britse maatskappy wat in 2009 die regte verkry het om die myn te heropen. Hy het in 2013 met bedrywighede begin.

Meer as 400 mense het by die myn gewerk. Hulle het in Oktober laas ’n salaris ontvang.

Meer oor:  Amcu  |  Altx  |  Nok  |  Afdankings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.