Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Wiese se Trans Hex denoteer op dié dag

Die diamantmaatskappy Trans Hex, waarin Christo Wiese en sy familie die grootste belang besit, word nou op 3 Desember van die JSE gedenoteer, het die maatskappy op Sens aangekondig.

Christo Wiese, billionaire and chairman of Steinho
Christo Wiese is deel van die konsortium wat hul belange in Trans Hex ná denotering gaan behou. Foto: Getty Images

Die jongste skedule vir die denotering is uiteengesit nadat die meerderheid van aandeelhouers op 29 Oktober gestem het ten gunste van ’n uitkooptransaksie en die denotering.

Trans Hex het aandeelhouers in September ingelig oor ’n aanbod wat hy aan alle aandeelhouers wil maak, buiten aan ’n spesifieke konsortium bestaande uit Cream Magenta 140, Metcap 14 en RAC Investments.

Die aanbod is om al die aandele van die maatskappy buiten dié wat deur die konsortium gehou word, uit te koop. Dit sluit ook tesourie-aandele in Trans Hex uit.

Die konsortium besit saam byna 80% van Trans Hex. Die Trans Hex-belange van onder andere die sakemagnaat Christo Wiese en sy familie, en van die boetiek-batebestuursfirma RECM van Piet Viljoen, word in dié konsortium gehuisves.

Meer oor:  Christo Wiese  |  Diamante  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.