Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Zambiese regering kry bloedneus in SA hof oor myn
Vedanta se Konkola-kopermyn in Zambië.Foto: Vedanta

Die Zambiese regering moet onmiddellik ophou met die likwidasie van Vedanta Resources se Konkola-kopermyn, het regter Leicester Adams Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg beslis.

Die arbitrasieproses tussen die myn en die regering moet eers afgehandel word, het Adams beslis.

Vendata, wat deur die Indiese miljardêr Anil Agarwal beheer word, het die hofaansoek in Johannesburg ingedien omdat die partye op dié stad ooreengekom het as die setel vir arbitrasie.

Argawal besit ook deur Volcan, ’n maatskappy van sy familie, ’n belang van 19% in Anglo American.

Vendata het die aansoek ingedien teen Zambië se ZCCM-IH Holdings plc, wat ’n 20%-belang in Konkola het. Die Zambiese regering het in Mei met die likwidasieproses begin nadat hy Vendata daarvan beskuldig het dat hy gejok het oor sy uitbreidingsplanne en dat hy te min belasting betaal.

Die hofuitspraak is ’n terugslag vir die Zambiese regering, wat Konkola aan ’n ander buitelandse belegger wil verkoop.

China Non-Ferrous Metals is glo een van die moontlike kopers.

Adams het bevind die Zambiese regering het sy verpligtinge as aandeelhouer verbreek en doen dit steeds.

Vendata sê hy is ’n “toegewyde belegger” wat sedert 2004 al meer as $3 miljard in die land belê het.

Richard Musukwa, die Zambië se minister van mynwese, het voorheen gesê die dispuut met Vedanta is ’n “geïsoleerde geval”.

Die beslaglegging het beleggers egter laat skrik en het druk geplaas op die aandeelpryse van maatskappye wat in Zambië bedrywig is.

Musukwa het nie ná die uitspraak gereageer op ’n versoek om kommentaar nie.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Zambië  |  Mynbou  |  Likwidasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.