Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
begroting
Wees ons goedgesind, vra KMOs
Een van die sekerste manier hoe Pravin Gordhan, die minister van finansies, werkskepping en ekonomiese ontwikkeling kan verbeter, is om ’n begroting aan te kondig wat kleinsake goedgesind is.
Nazeem Martin, Business Partners

’n Begroting wat groeivriendelik vir klein en medium-ondernemings (KMO’s) is, sal werkskepping en ekonomiese groei bevoordeel.

Nazeem Martin, besturende direkteur van Business Partners, meen die gesindheid van die begroting teenoor KMO’s kan baie probleme vasvat, soos die vallende rand, die groeiende tekort op die lopende rekening, stygende inflasie en trae groei.

“KMO’s is verantwoordelik vir 60% van nuwe poste wat jaarliks geskep word en is reeds van ’n lang tyd een van die verskaffers van meer as 50% van die formele werke in Suid-Afrika. 

Een van die sekerste manier hoe Pravin Gordhan, die minister van finansies, werkskepping en ekonomiese ontwikkeling kan verbeter, is om ’n begroting aan te kondig wat kleinsake goedgesind is.”

Martin is van mening dat:

Die nuwe jeugloonsubsidie gesteun moet word.

Dit sal dit meer prakties maak vir werkgewers om jong mense aan te stel wat vir die eerste keer werk.

Soos dit tans lyk, gee die skema slegs voordele aan ondernemings as die nuwe werkers minder as R6 000 per maand verdien. Die maksimum voordeel uit die skema is as werkers slegs sowat R2 000 per maand verdien. 

Die drempels is so lag dat dit waarskynlik nie ’n baie goeie insentief is vir jong mense om die pos te aanvaar nie en werkgewers sukkel om kandidate te kry. As die drempelvlakke verhoog word, kan dit indiensneming bevorder.

Die drempel vir bestaande kleinsakebelastingaansporings steeds te laag is.

Die mees substansiële belastingverligting, kleinonderneming-maatskappybelasting, laat sake-eienaars toe om laer korporatiewe belasting op hul eerste R350 000 wins per jaar te betaal, maar slegs ondernemings met ’n omset van minder as R14 miljoen per jaar kwalifiseer. 

Sou die omsetbedrag en die winsgrensvlak verhoog word, kan die belastingverligting duidelike aansporings vir entrepreneurs inhou om in sake te investeer en uit te brei pleks van om onder die radar te bly.

Die tyd is reg vir ’n substansiële fonds om die waaghalsigste sake-ondernemings te finansier – die beginnerondernemings.

Verskeie eksperimente met fondse vir beginnerondernemings is al aangepak, maar dis tyd om groot te gaan, sê Martin. Iets in die omgewing van R1 miljard - mits die lesse wat met ander fondse geleer is in ag geneem word.

Indien dit geskep word, moet daar byvoorbeeld kommersiële opbrengs op die finansiering verwag word. ’n Realistiese riglyn is om 65% tot 70% van die kapitaal terug te kry. 

Voorts moet dit gepaard gaan met mentorskap en ’n omvattende opleidingsprogram wat deel van die finansiering vorm.

Privaat maatskappye moet ook toegelaat word teen regeringsagenskappe te tender om so ’n fonds te bestuur.

Grootskaalse infrastruktuurontwikkeling is dringend nodig.

Indien die beloofde bou van paaie, damme, kragstasies en optiese veselnetwerke gedoen word met duidelike gebruik van KMO-subkontrakteers sal dit die ekonomie wesenlik en volhoubaar ondersteun.

Suid-Afrika se inkomstediens kan die nakomingsvereistes op ondernemings verlig. 

So ook regeringsagentskappe van die department van arbeid tot munisipaliteite wat die nakomingslas baie swaar op ondernemings maak.

Die regering se belastinginsentiewe vir waagkapitaalbeleggings is baie kompleks.

Vereenvoudiging van die belastinginsentief kan miljoene beskikbaar maak vir belegging in plaaslike maatskappye.

Ondersteun die uitvoersektor

Die swak rand beteken darem dat dinge beter vir uitvoerders lyk. 

Dit is nou die tyd wat die regering die uitvoersektor moet ondersteun en aksyns op ingevoerde masjinierie en pogings ondersteun buitelandse markte vir Suid-Afrikaanse produkte te ontwikkel. 

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.