Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sake
Aveng sit wipwarit op JSE voort
’n Werker op ’n bouperseel waar Aveng Grinaker-LTA bedrywig is. Foto: Reuters

Die konstruksiemaatskappy Aveng se aandeelprys het Donderdag al die veld, en meer, teruggewen wat hy Woensdag verloor het.

Teen middagete Donderdag was hy 63% hoër op 18c nadat hy Woensdag met 60% getuimel het.

Dit is egter steeds beduidend minder as die 34c waarteen hy Maandagoggend begin verhandel het.

Aveng is vasgevang in die oornamestryd tussen Murray & Roberts (M&R) en die Duitse beleggingsgroep Aton.

M&R wil hê sy aandeelhouers moet op 19 Junie stem of hulle ten gunste van sy voorstel is om Aveng oor te neem.

Die twee maatskappye het reeds op 18 Mei gesê hulle het in beginsel op ’n samesmelting ooreengekom.

Dit sal tot die denotering van Aveng lei.

M&R sê hy wil ’n aanbod doen vir al Aveng se aandele en sal dan ook meer as R2 miljard betaal om Aveng se effekte af te los.

Aveng het in Mei ’n regte-uitgifte voltooi wat hom R200 miljoen in die sak gebring het.

Aton, die grootste aandeelhouer in M&R wat besig is met ’n vyandige oornamepoging van dié maatskappy, is egter glad nie te vinde vir dié transaksie nie.

Hy sê in ’n verklaring op ’n webwerf wat hy spesiaal vir die oorname-aanbod geskep het dat hy dit nie steun nie.

Meer oor:  Aveng  |  Aton  |  Murray & Roberts  |  Aandeelprys  |  Konstruksiesektor  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.