
François Loots wou nie antwoorde gee op die raaisels rondom dokter James Barry nie. Sedert die vroegste tye is daar allerhande gissings en verdigsels oor dié enigmatiese geskiedkundige figuur, ’n vrou wat haarself in ’n man omskep het om as mediese dokter te kon werk.