Sy het lank gedroom oor hoe haar matriekafskeidrok moet lyk – ’n droom waaraan Bellville-ontwerper Carla Cornelissen gestalte gegee het. Hoekom die sonskyngeel? 

“Dit pas perfek by my persoonlikheid – ek wou so graag ’n geel rok hê!” Sy het dadelik verlief geraak op die kant toe sy dit in ’n Kaapse winkelsentrum sien. Die 50’s-silhoeët is ook ’n gunsteling. Rooi lippe en rooi skoene het haar uitrusting perfek afgerond.

“’n Onvergeetlike rok vir ’n onvergeetlike aand!” sê dié oudleerling van Hoërskool Stellenberg en nou eerstejaarstudent in modeontwerp aan die modeskool FEDISA in Kaapstad.

Geel word gereeld op die rooi tapyt gesien. Dané se vintage 50’s-voorkoms is gesofistikeerd, maar steeds jeugdig - Amaria Carstens, SARIE-moderedakteur en beoordelaar

Dané Smit

Dané Smit en Rikus Esterhuizen