3de plek wenner Annatjie van der Merwe Wellington

Die koekies is volgens oorlewering genoem na genl. J.B.M. Hertzog, wat premier was van die Unie van Suid-Afrika van 1924 tot 1939.

Genoeg vir sowat 12 – 15 koekies

Kors

  • 250 g botter
  • 400 g koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 200 g suiker
  • 3 groot eiers
  • bietjie melk

Vulsel

  • 250 g appelkooskonfyt
  • 3 groot eierwitte
  • 200 g suiker
  • 300 – 500 g fyn klapper
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit  oond tot 180 °C. Laat staan botter buite tot dit kamertemperatuur is. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer die suiker by. Vryf die sagte botter by die meelmengsel in. Roer die eiergele en bietjie melk by en meng tot ’n hanteerbare deeg vorm. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak en druk sirkels uit met ’n 8 cm-koekiedrukker. Voer ’n gesmeerde pannetjie uit met die vormpies. Skep lepels vol van die konfyt in die deegholtes. Maak nou die bolaag. Klits die eierwitte styf en voeg suiker geleidelik by. Roer die klapper by die eierwitmengsel. Roer die vanielje by. Die mengsel moenie te loperig wees nie. Skep mengsel bo-op die konfyt. Bak sowat 15 min tot gaar.