Dit is wat die twee skrywers doen. Nie een van die twee het enige formele opleiding as kokke nie. Hulle is bloot mal oor kuier en eet. En dié eet wil hulle met almal deel. Dis die tweede kookboek wat die Mansfields geskryf het. Die eerste Zhoozsh-boek het ‘n hele paar pryse ingepalm, Beste Kookboek in Suid-Afrika en die derde plek by die Gourmand Awards in Londen. Met die tweede boek het hulle gebly by die formaat wat gewerk het: so 'n bietjie inligting oor hulself, oor die kos en met foto’s uit hul eie versamelings. Dis ‘n kookboek, reisboek en kykboek alles in een. Dis ‘n boek wat jou in ‘n goeie bui sit wanneer jy daardeur blaai. Dis huislik, warm en glad nie intimiderend nie. Selfs mense wat glad nie kook of wil kook nie sal aanklank kan vind hierby.  

Ek het Jeremy en Jacqui oor ‘n koppie koffie ontmoet om oor Zhoozsh! Faking it (Struik Lifestyle, R190) te gesels. Die egpaar is soos vinkel en koljander – eenders maar anders! Perfekte pasmaats, wat soms mekaar se stories klaar vertel! Hulle straal geesdrif vir reis, kos en goed voel oor die lewe uit. En vertel ook met geesdrif, tot so 'n mate dat ons ‘n paar keer afgedwaal het van die onderwerp. 'n Mens kan nie anders as om heerlik te kuier saam met die Mansfields nie.

Julle het geen formele opleiding in kookkuns nie. Wat maak dat julle kookboeke skryf?

Jeremy: Die eerste een het soort van gebeur, omdat ek ‘n klomp resepte geskep het of wat ek van mense gekry het. Jacqui het voorgestel ons vertel die storie agter die resepte. Toe word die boek meer ‘n leefstyl-en-reisjoernaal as ‘n kookboek in die ware sin van die woord. In die geval van die eerste Zhoozsh! Het baie mense dit gekoop omdat hulle meer oor ons persoonlike lewens wou uitvind en insig wou hê in hoe ons reis en leef, amper ‘n bietjie van ‘n voyeurisme. Hoekom ek so sê, is ons het eers heelwat later terugvoer van die uitgewer gekry dat lesers die resepte probeer het en dat dit gewerk het en lekker was! So mense het die boek eerstens gekoop om te lees en daarna daaruit gekook. Met die tweede boek, Zhoozsh! Faking it, is dit anders. Mense beskou dit eerstens as ‘n kookboek wat lekker is om te lees ook, eerder as ‘n lekkerleesboek waaruit ons kan kook ook.

Julle deel baie van julself en jul lewe in die boeke. Voel julle nie ontbloot nie?

Dis beperkte blootstelling. Ons kan dit beheer. Die boek onthul nie waar ons woon nie, dit deel net die aspekte van ons lewens wat ons gemaklik is om te deel.

Jeremy, was jy nog altyd ‘n kosmens?

Ek was nog altyd omring deur kos. Ek het grootgeword in ‘n gesin waar die kombuis regtig die hart van die huis was. Ek het vroeë herinneringe van hoe ek op ‘n rak langs die stoof gesit het, terwyl my ma besig was om te kook. Ek was ingesluit in die kookproses deurdat my ma my altyd iets gegee het om te doen. Ek het my hele lewe nog belang gestel in kos. Ek kook soms uit noodsaaklikheid, maar gewoonlik kook ek as ek gespanne is. My rekord is drie volle etes in die vrieskas in een middag!

En Jacqui, ek lei uit die boek af jy is meer gemaklik met ‘n motorfietsenjin as ‘n kombuis vol potte en panne?

Dis presies net so. Ek karring veel eerder aan my motorfiets se enjin as om in die kombuis te staan en kook. Toe ek Jeremy ontmoet het, kon hy nie motorfiets ry nie en ek het hom geleer. Hy was ‘n vinnige leerder. Hy het al probeer om my te leer kook, maar ek was nie so 'n kranige student soos hy nie.

Jacqui, jy was ‘n veldwagter en jy is ‘n vegetariër. Hou dit verband met mekaar?

Sjoe, ek was jare gelede ‘n veldwagter. Ek het ‘n vegetariër geword in die vroeë sewentigs. Ek vermoed ek was een van die enigstes in sub-Sahara-Afrika daardie tyd! Ek het toe in Namibië gewoon. Daar boer hulle met beeste en eet ook baie vleis. As ek mense vertel het ek is ‘n vegetariër het hulle my aangesien as baie vreemd. Ek het vir langer as ‘n dekade eiers geëet. Ek kan tot vandag toe nie ‘n geroosterde kaas-en-tamatiebroodjie in die oë staar nie – ek het heeltemal te veel daarvan gehad. Ek was nog altyd bewus van die voetspoor wat ons op die planeet agterlaat. Dit was nie noodwendig my veldwagterskap wat my besluit beïnvloed het nie, maar dit pas wel in by dit waarin ek glo.

Jeremy, jy kook vir julle en jy is nie ‘n vegetariër nie. Hoe nou?

Dit klink gekompliseerd, maar dit is nie. Ek is nie ‘n vegetariër nie, maar ek eet nie baie vleis nie. Ek eet hoender en ons eet vis, maar ek is mal oor vegetariese disse.

Vleis het mos eintlik geen smaak nie en jy moet baie speserye, kruie en souse gebruik om dit na iets te laat proe!

So Jacqui, kom jy ooit in die kombuis om te kook?

Ek kook so 'n bietjie. Die snaaksste ding is, ek is mal oor kuier en om mense oor te hê om te kom eet. Ek hou net nie van die kookproses nie. Daar is ‘n gruwelike wanbalans om vir vyf ure te staan en kook en binne ‘n halfuur het jou gaste die kos opgeëet. 'n Mens sit nog vir ure daarna en kuier. Ek kan kook as ek ‘n goeie resep gebruik wat al die mates en gewigte en stappe gee. Maar ek moet bieg, ek geniet dit nie. Wanneer Jeremy sê ons moet ‘n ete hou, moet hy maar kook. As hy nie daar was nie, sou ek seker maar pizzas bestel het. Ons koop deesdae nogal dikwels die pizza-basisse en dan maak al die gaste hulle eie pizzas – hoe is dit vir faking it!

Jeremy: Sy kom in die kombuis om te bak. As 'n mens vir haar die bestanddele en besliste instruksies gee, kan sy bak. Om te bak is ‘n wetenskaplike proses. Dis baie presies. Nie soos ek kook nie. Ek maak die kaste oop, kyk wat is daar en sit ‘n klomp goed bymekaar volgens smaak. Ek het die vermoë om smake te kan analiseer en te weet wat is in ‘n dis en wat pas lekker bymekaar, sonder dat ek ‘n resep hoef te gebruik.

So jy kook nogal op ‘n organiese manier. Kook jy volgens jou bui?

Ja, en dit het die skryf van die boeke nogal moeilik gemaak. Ek dink altyd resepte uit wanneer ek ontspanne is. As ek stres, dan kook ek net instinktief. As gevolg van die werk wat ek gedoen het, kon ek net ontspan wanneer ek met vakansie was. In Johannesburg kon ek nie waag om my gesig in ‘n winkelsentrum te wys nie – almal wou altyd praatjies maak. Ons het altyd na lieflike en eksotiese bestemmings gereis. So, as ek by ‘n strandkroeg in die Maldives gesit het, het ek begin dink oor hoe iets sou proe as ek dit en dat bymekaar sit. Ek kon disse in my kop uitwerk en dit proe, maar ek het nie ‘n benul gehad van hoeveelhede nie. Ek kon sê, gebruik ‘n hand vol vars basilie en sit ‘n knypie van dit en ‘n skeutjie van dat by. Maar dis nie goed genoeg vir ‘n boek nie. Southern Sun en die kokke in die kombuis se betrokkenheid is daarom belangrik. Ek kon die disse hier kom kook en hulle vra om my te help om die resep in die regte formaat te skryf. Natuurlik het hulle ook wenke gegee om disse te verbeter.

Het jy ‘n gunsteling-bestanddeel?

Ek sou nie sê ek het ‘n gunsteling-bestanddeel nie, maar ek het ‘n gunsteling-seisoen: winter. Daar is niks lekkerders vir my nie, as die vensters mistig raak van die hitte in die kombuis en as jy uitgaan en inkom en jy ruik die aromatiese geure van ‘n heerlike sop of bredie. Ek is mal daaroor. Ek en Jacqui was al ‘n paar keer Viëtnam toe en in die somer is die vars, bros smake van Vietnamese kos een van ons gunstelinge in teenstelling met byvoorbeeld Thai-disse wat swaarder is, want hulle gebruik baie kokosneutmelk.

Jeremy, jy is in 2003 met Chron se siekte en in 2009 met Chronic Lymphocytic Leukemia gediagnoseer. Het dit jou leefstyl en dieet beïnvloed en is jy nou gesond?

Dit was jare gelede, die Chron se siekte, en ja, ek moes my dieet aansienlik verander. Ek moes vir ‘n jaar geen vleis eet nie, want vleis vererger die siekte. Ek het baie gesonder begin eet en gelukkig nog nooit weer simptome daarvan gehad nie. Ek is nou honderd persent gesond. Dit was ‘n moeilike agt maande, want die behandeling vir die kanker was uiters aggressief. My dokter het gesê ek is jonk genoeg en fiks genoeg dat hulle dit kon doen en hopelik sou die behandeling die kanker besweer. Ek is baie gelukkig dit was suksesvol.

Het hierdie ervaringe jou uitkyk op die lewe verander?

Dit maak dat jy alles in jou lewe herevalueer en prioriteite stel. 'n Mens kyk in ‘n ander lig na dinge. Die materiële dinge, besef jy, is eintlik glad nie belangrik nie. Tyd wat mens saam spandeer word so belangrik en kosbaar. Om dinge te kan doen, wanneer jy wil, hoe jy wil - dit word die essensie van jou lewe.

En die lewe ná radio?

Dis wonderlik! Ek werk aan ‘n verskeidenheid van projekte, party korttermyn en ander langtermyn, plaaslik en internasionaal. Ek doen mediakonsultasie vir groot maatskappye en dan werk ek aan kwessies rondom social sustainability. Toe ek by radio was, het ek baie goeie idees gekry en dan kon ek die regte mense kry om daardie idees uit te voer. Dis wat ek nou nog doen met groot maatskappye. Dit maak my gelukkig om ander mense gelukkig te maak. Ek besef, selfs nou na radio, moet ek steeds ander mense gelukkig maak, sodat ek gelukkig kan wees. Dit gaan nie oor geldinsameling nie, dit gaan oor haalbare en volhoubare projekte.

Jacqui, wat doen jy?

Ek is ‘n vryskutjoernalis en skryf vir ‘n lewe. Ek hou van die fleksiteit daarvan. Ek is ‘n naguil en kan dus laatnagte werk. Ek moet ‘n spertyd hê, anders is ek nie gemotiveerd nie. Ek moet ook aan ‘n opvolg vir my boek, An Unpopular War, begin werk. Die boek vertel die verhale van mense wat betrokke was by die grensoorlog in Suid-Afrika.

Reis speel ‘n groot rol in jul lewens en dis ook waar julle baie van die resepte kry?

Jacqui: Ons is dol daaroor om te reis. Ek is mal oor nuwe en onontwikkelde plekke. Ek droom daarvan om met my motorfiets deur Mongolië te reis, daar waar geen mense is nie. Ek is ook mal oor stap, maar Jeremy is nie so versot daarop nie.

Jeremy: Ek kan die stap-ding doen, maar nie vir so lank nie. Ek hou daarvan om verskillende dinge te doen, om bietjie meer rof vakansie te hou en dan weer in ‘n vyfster hotel te bly, met goeie kos en natuurlik yskoue bier. Ek hou steeds van Viëtnam, alhoewel dit besig is om te vinnig te ontwikkel. Bestemmings in die Noordelike hemisfeer is natuurlik ook aantreklik, want vir dertien jaar wat ek op radio was, kon ek net lang vakansie neem oor Kersfees. Ek het die Noordelike halfrond net altyd in die winter beleef. Ek sal graag Kanada in die somer wil ervaar, of om op die Noorweegse fjords te vaar. Deel van ons reise is om die plaaslike kos orals te eet. Dis ook waar baie van ons resepte vandaan kom of dit is geïnspireer deur ons reise.

Wie neem die foto’s wanneer julle reis?

Ons is pateties met foto’s neem. Partykeer vergeet ons selfs om die kamera saam te vat. Dit was ook die moeilikste deel van die boek, om die foto’s bymekaar te kry en om goeie foto’s te kon kry. Ons neem nie goeie foto’s nie. Ons mik en druk letterlik. Maar ek dink tog die foto’s gee ‘n lekker gevoel aan die boek, omdat dit ons eie foto’s is.

Is jy ‘n man vir kombuis-gereedskap?

Ek is dol op nuwe kombuis-gadgets en sal alles probeer. Die enigste tipe gereedskap waarvan Jacqui hou, is dié wat in die garage is.

Die Mansfields deel hul resep vir Eend-bobotie met ons:

Eend Bobotie

Duck Bobotie

Jem: Bobotie always reminds me of the elegant Rovos Rail. Their menus reflect the area the train is passing through at that time. For example, lamb is served going through the Karoo. In the Cape Winelands, bobotie is served for lunch. So one night, after a heavy session in the caboose bar, I stagger off to bed. I enter the cabin and begin fumbling around in the dark trying not to wake Jacqui. Suddenly, the light snaps on and my mate’s wife, Mrs Chifamba, says, ‘Jeremy, WHAT are you doing?’ &%^$ it! Wrong cabin.

I know all the Cape coloureds will be shocked and say ‘Ney Jeremy, wat f*k djy met ons kulcha?’ But I’m going to put this one on the table: let’s do a Capie thing and start at the end.

Soak 3 slices white bread in 350 ml milk for a few minutes. Squeeze the milk out of the bread, reserving it. Crumble the bread into a bowl. Add
3 eggs to the leftover milk, season with salt and ground black pepper and beat well. Set aside.

In a frying pan, fry 1 peeled and chopped onion in butter. Add
1 Tbsp each of curry powder and turmeric. Finely chop up 175 g skinless, filleted duck breasts and add to the pan. Fry until the meat is well sealed.

Pour the lot into a greased casserole dish and add the bread along with
4 Tbsp smooth apricot jam, ¼ cup lemon juice and 100 g seedless raisins. Season with salt and ground black pepper and mix well in the casserole dish. Press it all down flat, stick 4 bay leaves into the mix, cover with a lid or foil and bake at 180 °C for 15 minutes. Increase the heat to 220 °C, pour the egg and milk mixture over the top of the bobotie and bake, uncovered, for a further 15 minutes until the topping is set and starts
to turn gold.

Serve it with basmati rice, a selection of your favourite sambals and (just to ensure the Capies don’t have a heart attack) some peach chutney.