Eerste indrukke is blywend en jou voorkoms kan die verskil beteken tussen maak of breek.

  1. Moenie jou oorlaai nie

Daar is net een reël ten opsigte van bykomstighede: Dra so min as moontlik. Kies ’n skouersak wat nie te klein en nie te groot is nie sodat jou hande vry is. As dit regtig warm is en jy jou baadjie eenvoudig moet uittrek, moet jy dit oor jou linkerarm ra sodat jou regterhand vry is om gemaklik te groet wanneer jy iemand ontmoet.

  1. Moenie jou beste klere bêre nie

Voel jy soos ’n Oscar-wenner op die rooitapyt in daardie romp waarop jy ’n maand se salaris geblaas het? Dra dit dan. Moenie klere bêre vir die regte geleentheid nie. En raak ontslae van klere wat jou afrem omdat dit slegte herinneringe oproep. Dit is onmoontlik om selfversekerd te voel en ’n positiewe gesindheid uit te straal as jy heeldag aan ’n nare ervaring herinner word.

WEN!

Klik op skip.co.za om foto’s jou Three Word Wardrobe te laai. Dalk wen jy ’n geskenkbewys van R5 000 van Spree! 

  1. Vra jouself dié vrae

Octavia Ephraim, die eienaar van OctaPear Image Consulting in Pretoria, sê alle vroue moet die antwoorde op die volgende vrae ken:

  • Watter kleure lyk die beste aan my? (Oftewel, in watter kleure lyk ek op my beste?)
  • Wat pas my beter, goud of silwer?
  • Watter neutrale kleure sal ’n goeie basis vir my klerekas wees?
  • Watter kleure beklemtoon my beste eienskappe?
  • Wit of ivoor? Dit is verbasend hoeveel vroue net die een of die ander kan dra.
  • Lyk ek regtig goed in swart? Nee? Moet dan nie.

  1. Pas ’n bietjie kleurterapie toe

  • Rooi: Hoewel rooi erken word as die kleur van wenners, kan dit soms te aggressief wees. Wanneer dit nodig is om meer subtiel te wees, kan jy jou boodskap doeltreffend genoeg oordra met ’n rooi handsak of serp.
  • Blou: Glo dit of jy wil of nie, maar blou, en pers, kan jou opbeur en jou selfvertroue ’n groot hupstoot gee. Hoe donkerder die blou, hoe vrouliker is dit.

  1. Kry die basiese reëls onder die knie

  • Soos die ou uitdrukking sê, enigiets met ’n “te” vooraan is nie goed nie. Te oordadig, te laag, te kort, te helder, te blink, te veel… jy kry die idee.
  • Jou klere moet netjies sit. Dit maak nie saak hoe stylvol of in die mode jy is nie, as jy ongemaklik is, kan jy onmoontlik nie nie goed lyk of voel nie.
  • Wees goedversorgd. Dis belangrik.

Klik op skip.co.za om foto’s jou Three Word Wardrobe te laai. Dalk wen jy ’n geskenkbewys van R5 000 van Spree! 

Bronne: Being Confident deur Judi James, dailymail.co.uk, vogue.com, Octapear Image Consulting (octaviae.com, 012 342 3413)