Elke vrou droom van ’n romantiese verlowing. Maar selfs al is jy nie van plan om binnekort verloof te raak nie, sal hierdie idees jou dalk inspireer om vir daardie spesiale persoon in jou lewe te wys hoe baie jy omgee.

6 maniere om verloof te raak, of net romanties te wees

Opsitkers

Vroue hou nou maar eenmaal van ’n romantiese gebaar en die maklikste manier om ’n kamer onmiddelik romanties te laat voel, is met kerse. Of dit nou is om verras te word met ’n kamer vol kerse of ’n romantiese ete by kerslig.

Romantiese idee: Maak enige aandete spesiaal deur die helder elektriese ligte af te skakel en met kerse te vervang. Deel ’n bottel wyn en geniet sommer ’n middel-van-die-week romantiese ete.

 Tea Light Candle Stand White Tea Light Candle Stand White

Wys dit vir die wêreld

Die Amerikaners is baie goed daarmee om hul verlowings en liefde vir mekaar op ’n baie openbare manier te wys, soos dié toekomstige bruidegom wat ’n flash mob gereël het om die groot vraag te vra.

Suid-Afrikaners staan egter nie terug nie. Kyk hier hoe iemand dieselfde in Sandton City-winkelsentrum gedoen het.

Romantiese idee: Speel vir jou geliefde sy of haar gunsteling liedjie, en sing saam

Hou dit eenvoudig

Dan is daar ook die meer subtiele verlowing. Een van die mees oorspronklike idees wat die SARIE.com-span gehoor het, was ’n jong man wat terwyl sy meisie geslaap het, die ring aan haar vinger gesit het. Toe sy die volgende oggend wakker word, het sy die diamant aan haar vinger gesien. Dís ’n lekker manier om wakker te word!

Romantiese idee: Die infinity-ring is in die mode. Koop vir mekaar ’n ring - sommer net - om te wys jul liefde is vir ewig.

 Ring With Infinity Charm Silver Ring With Infinity Charm Silver

’n Romantiese naweek weg

Gaan bly vir ’n naweek iewers mooi en kry die geleentheid om ordentlike kwaliteit-tyd saam te spandeer. Daar sal baie geleenthede wees vir die ring om te verskyn – miskien vroeg een oggend aan die ontbyttafel, dalk as julle saam langs die strand of in die natuur stap, of miskien selfs voor die kaggel een aand.

Prins William het die groot vraag aan Kate gevra terwyl hulle in die afgeleë Rutundu Log Cabin in Kenia oorgebly het. Hy het haar glo op die stoep van ’n baie eenvoudige huisie gevra en, volgens Daily Mail, het die paartjie tot laat die aand nog voor die kaggel gekoer.

prins_william_www.people.com

Romantiese idee: Jy kort egter nooit ’n rede om saam weg te gaan nie en ’n romantiese naweek weg van die alledaagse roetine doen wondere vir ’n verhouding.

Grootbos Grootbos

The Perfect Proposal het op die oomblik vier heerlike winter-pakkette. Kry tussen 10% en 20% afslag as jy deur hulle jou naweek by Babylonstoren, Brenaissance Wine & Sud Estate, Silvermist Mountain Lodge of Grootbos bespreek en geniet ekstras soos vonkelwyn, ontbyt en perdry.

Besoek www.theperfectproposal.co.za vir meer inligting.

Spesiale plek

Jy onthou die plek vaagweg en jy weet julle was al albei hier gewees. Hy herinner jou aan die eerste keer wat hy jou hand vasgehou het of aan daardie eerste keer wat julle saam uitgegaan het op ’n koffie-afspraak - op hierdie eintste plek. Julle gesels oor hoe baie dinge julle saam ervaar het en die volgende oomblik is hy op een knie en jy staar vas in ’n ring!

Romantiese idee: Herinner mekaar gereeld aan daardie eerste dans, daardie ongemaklike eerste soen of die slegte fliek wat julle saam gaan kyk het op een van jul eerste afsprake. En vier die lang pad wat julle al saam gestap het.

FOTO:   The Perfect Proposal FOTO: The Perfect Proposal

Hoe hou jy dit vonk in jou verhouding?

LUX, in samewerking met SARIE, soek ons eerste Spark-paartjie. Enigiemand kan deelneem, of julle pas jul eerste huweliksherdenking gevier het of reeds 'n hand vol kleinkinders het. Ons wil net weet wat julle geheim is: Hoe hou julle die vonk in jul verhouding?

WEN

Die SARIE/LUX Spark-paartjie sal in Sarie verskyn en 'n romantiese aandjie met weelderige verblyf, 'n limorit, 'n professionele fotosessie en nog meer bederfdinge wen.

KLIK HIER om in te skryf.