Francesca Canali is ‘n eklektiese en veelsydige kunstenaar, wat as solis optree en in verskeie kamermusiek ensembles en beskik oor ‘n wye repertorium in ‘n verskeidenheid van musiekstyle. Van Barock musiek tot kontemporêre musiek. Me. Canali word begelei deur die befaamde en beminde pianis Anneke Lamont. Duo FourIVTwo bestaan uit Magda de Vries op die marimba-vibrofoon en Frank Mallows op vibrafoon. Magda en Frank het ’n ware passie vir eg Suid-Afrikaanse werke en spog reeds ’n hele reeks eie komposisies.