Formeel

Dink Oscars – dis jóú kans op ’n rooitapytvoorkoms. Steel die kollig in ’n lang aandrok.

FOTO: Justin Badenhorst van Infidels FOTO: Justin Badenhorst van Infidels

Chiffon-aandrok met kraleborduurwerk om middel (R1 899), Forever New.

Goudkleurige ooptoon-hakskoene met luiperdmotief (R425), Truworths.

Semi-formeel

Tyd vir ’n swart nommertjie, of ’n sjiek romp en romantiese top.

FOTO: Justin Badenhorst van Infidels FOTO: Justin Badenhorst van Infidels

Chiffonbloes met plooiwerk (R1 799,95), Ted Baker by Stuttafords.

Swart-en-silwer miniromp van geborduurde kant (R750), Hermanna Rush.

Pienk palmtas van kunsleer (R250), FUG by YDE.

Deftig-informeel

Stylvol is hier die vertrekpunt. En hoëhakskoene is ’n móét.

FOTO: Justin Badenhorst van Infidels FOTO: Justin Badenhorst van Infidels

Naaswit peplumstyl top van rekstof (R299), Truworths.

Geplooide maksiromp van chiffon (R699,95), Mango.

Spykerhaksandale van kunssuède met enkelbandjie (R360), Truworths.

Informeel

Jeans of enige ander gemaklike broek met ’n T-hemp of top is hier gepas. Gee selfs jou voete ’n ruskans met plat sandale of seilskoene.

FOTO: Justin Badenhorst van Infidels FOTO: Justin Badenhorst van Infidels

Bloes van mengelstof met strikdetail agter (R349,95), Mango.

Broek met grafiese motief (R499,95), Mango.

Sandale met metaal-insetsel (R350), Queenspark
Mode-assistente Luzanne van der Watt & Carmen Botma

Mode-intern Karlien Labuschagne

Fotograaf se assistent Ian Engelbrecht

Model Danielle Greyling van Fan Jam

Grimering Algria Ferreira vir Chanel

Hare Jeanette Genis

FOTO’S GENEEM BY Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl, 021 863 4809 | www.taalmuseum.co.za

Ons het klere vir elke geleentheid in die SARIE-winkel. Kyk, klik, koop.