Aarbei en Roomkaas tert met krummel bolaag en Peanut Brittle kors

8 porsies

Voorbereidings tyd: 20 min

Baktyd: 10 min

Bestanddele

Kors

1 pakkie tennis beskuitjies

100g peanut brittle

125ml (1/2kop) botter, gesmelt

Krummel bolaag

1 ¼ kop koekmeel

1/3 kop suiker

¼ teelepel bakpoeier

¼ teelepel kaneel

Knippie sout

¼ kop amandels, grof gekap

½ kop botter, gesmelt

Roomkaas vulsel

2 houertjies roomkaas (500g) roomkaas

1 kop versiersuiker

5ml vanilla ekstrak (kan geursel gebruik as jy nie ekstrak het nie)

450g vars aarbeie afgespoel en in die helfte gesny (as dit groot aarbeie is, sny in kwarte) – kan aarbeie met vars perskes, mango of enige bessies vervang

Kors

1. Druk die beskuitjies fyn. Plaas die peanut brittle in n voedsel verwerker en kap tot fyn soos growwe brood krummels. Pasop om dit nie te fyn te kap dat dit soos poeier lyk nie. Voeg dit saam die fyn beskuitjies en gooi gesmelte botter oor. Meng goed deur dat alles klam en bedek is.

2. Druk die kors mengsel vas in n 20-30cm grootte tertpan vas. Plaas in die yskas om ferm te word.

Krummel bolaag

3. Voorverhit die oond tot 180°C

4. Meng koekmeel, suiker, bakpoeier, kaneel en sout saam in n medium grootte mengbak. Voeg die amandels by en roer saam. Voeg botter by en roer totdat al die bestanddele ewe nat en goed gemeng is.

5. Voer n bakplaat uit met waspapier. Gooi bolaag oor die was papier en sprei uit tot ewe dik. Bak vir 10min of tot goudbruin en ferm. Laat afkoel.

Roomkaas vulsel

6. Klits die roomkaas met n elektriese klitser op medium spoed tot glad. Skraap die kant mooi af met n plastiese bak skraper en voeg die versiersuiker en vanilla ekstrak by en klits verder vir 3 min tot lig en donsig.

Om aan mekaar te sit

7. Smeer helfte van die roomkaas vulsel oor die tertkors. Rangskik die aarbeie bo-op die vulsel met die plat kante na onder. Smeer die oorblywende vulsel bo-oor. Krummel die bolaag eweredig oor die vulsel met jou hande.

8. Net voor opdiening, sif bietjie versiersuiker bo-oor en garneer met n paar aarbeie soos verkies. Geniet!!

**n losboom tert pan kan ook gebruik word. Verkoel dan net die tert vir n uur of twee in die yskas voor jy die tert los maak van die pan.

Sien ander resepte