Die Franse bak aartappels só in

hoenderaftreksel.

genoeg vir 6

• 75 g (80 ml) botter

• 1 hand vol tiemie, gekap

• 2 knoffelhuisies, gekap

• 1 x 700 g-sakkie baba-aartappels, geskil

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 400 ml hoenderaftreksel

Verhit oond tot 180 °C.Smelt botter in oondvaste middelslag-pan. Voeg tiemie

en knoffel by en braai vir 1 minuut in warm botter. Voeg aartappels by en braai

vir nog 8 – 10 minute of tot aartappels goudbruin is. Geur goed met sout en

peper. Gooi aftreksel by en plaas in warm oond. Bak vir 20 – 25 minute of

tot aartappels sag en gaar is. Sit voor