Die Franse maak aartappels gaar deur dit te bak in hoenderaftreksel.

genoeg vir 6

  • 75 g (80 ml) botter
  • 1 hand vol tiemie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 8 aartappels, geskil
  • 600 ml hoenderaftreksel

Verhit oond tot 180 °C. Verhit botter tot warm in oondvaste pan. Voeg tiemie en knoffel by en braai vir 1 minuut. Voeg aartappels by en braai vir nog 8 – 10 minute of tot aartappels goudbruin is. Geur goed met sout en peper. Gooi aftreksel by en plaas in warm oond. Bak vir 20 – 25 minute of tot aartappels sag en gaar is. Sit voor.

Wenk

Vir ekstra smaak kan jy 100 g grofgekapte okkerneute oorstrooi sodra die aartappels gaar is. Jy kan ook die hoenderaftreksel met beesaftreksel

vervang vir ’n anderste smaak.