"Ek het nie tyd om te oefen nie. Ek wil nie op die voorblad van Playboy of Vogue wees nie, veel eerder op die voorblad van Rolling Stone. Ek gee nie die modepas aan nie, ek is 'n sanger. Ek weeg eerder 'n ton en maak goeie albums as om soos Nicole Richie te lyk en 'n swak album te maak. My doel in die lewe is om nooit maer te wees nie," het sy in 'n onderhoud met die tydskrif Rolling Stone gesê.