"Afrikaans. Dis mos ons hartstaal. Sedert SARIE in 1949 gestig is, kon ons die Afrikaanse vrou in die taal waarin sy liefhet, doen, droom en haar kinders
grootmaak 'n kykie op haar eie wêreld én die wêreld daarbuite gee."

SARIE raak liries oor ons taal en deel ander hartsdinge in die nuwe Julie-uitgawe - vanaf Maandag 8 Junie op straat.