Vanjaar op 4 Augustus by Carnival City se Big Top Arena en die vertoning begin om 19:00. En dan spog die Afrikaanse Musiekfees met ‘n rekord van meer as 20 kunstenaars op een verhoog! Beslis ‘n rekord vir die Afrikaanse Musiekfees en ook vir alle musiekfeeste in die land. Besprekings vir die musiekfees het pas geopen by Computicket; vir besprekings skakel hulle by 0861 915 8000 of besoek hulle webwerf by www.computicket.com. Groepe van meer as 10 persone kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur Lefra Produksies te skakel by (011) 815-3000 of deur ‘n e-pos te stuur na info@lefra.com. Besoek ook www.lefra.com vir meer inligting. Dit het alles op 31 Augustus 2002 begin: Lefra Produksies se eerste Afrikaanse Musiekfees in die Big Top Arena by Carnival City, met die aanbieder Casper de Vries. Dit is elf vertonings later en die Afrikaanse Musiekfees 11 is amper gereed vir nog ‘n glansvertoning, vanjaar op Saterdag, 4 Augustus om 19:00. Tydlose gunstelinge, vars nuwelinge, die Grotoupa en die land se gunsteling flooze groet die winter en verwelkom die lente op skouspelagtige wyse in die Big Top Arena by Carnival City tydens Gauteng se oorspronklike Afrikaanse musiekfees. Die afgelope tien jaar het sowat 170 kunstenaars meer as 32,000 mense vermaak. Daar was van die land se mees bekroonde, gewildste en selfs omstrede kunstenaars, die oues en die jonges, die hoopvolles en tydlose ikone – bloot suiwer Afrikaanse talent! En vanjaar maak Lefra Produksies weer so tydens die Afrikaanse Musiekfees 11. David Fourie, Die Colletts, Die Teelepeltjies, Divvi, Gerhard Steyn, Gugulethu Tenore, Helene Bester, Kleefklank, Koos Kombuis, Lance James, Lemè, Margaret’s Daughter, Min Shaw, MoniQue, Nianell, Pieter Koen, Richard van der Westhuizen en Willem Botha is die topkunstenaars wat op een verhoog te siene gaan wees in die Big Top Arena. “Hierdie elfde Afrikaanse Musiekfees by Carnival City gaan definitief ‘n fees wees om te onthou,” sê Frans Swart, vervaardiger en skepper van die Afrikaanse Musiekfeeste. “Ek is baie opgewonde oor die kaliber kunstenaars wat ons bymekaar gekry het en die uiteenlopende genres maak dit dat daar werklik iets vir almal is. Ons probeer om ‘n totale spektrum van kunstenaars aan ons gehore te bied – van meer gevestigde kunstenaars tot splinternuwe opwindende jong kunstenaars. En ek is seker ons gaan lekker lag vir Neef Gert alias die Grotoupa alias Ben Kruger en die Flooze alias Sorina Erasmus” Bespreek vir die Afrikaanse Musiekfees 11 by Computicket. Besoek ook www.lefra.com