Erica Wessels as speurder Elle Fourie in Vloeksteen. Tawwe speurder Elle Fourie in die dramareeks Vloeksteen, maar gemaklik met Forevermark-diamante
vir ons voorblad. Sy bestempel die rol van Elle as fassinerend.
 Erica Wessels Vroegoggend tot skemeraand het die span gewerk om die voorblad en binnefoto’s vir Erica se artikel te neem. Toe die son sy lang strale oor die vliegveld gooi, is ligte gebruik om klaar te skiet.
 Alml wat betrokke was by die fotosessie Erica en die span, van links: Sabie Botha, fotograaf se assistent, Erica, haarstilis Karen van Wyngaard, grimeerkunstenaar Lesley Whitby, SARIE se Fanie Cronjé, Martiens Steyn, eienaar van die Tiger Moth, en fotograaf Aubrey Jonsson.
 Erica Wessels Klere perfek gekies vir Erica se styl. Dit het juis die lang dag van skiet makliker gemaak, sê sy. Haarkrullers en perfekte ooggrimering was ook deel van die fotosessie.
Erica speel model teen die Tiger Moth ZS-OSS op die Jack Ta ylor-vliegveld by Krugersdorp vir fotograaf Aubrey Jonsson.
 Erica Wessels So hard soos sy op die verhoog speel, so gee sy alles voor die kamera Fanie Cronjé.
 Finale afrondings Die Tiger Moth doen vlugte oor die Wieg van die Mensdom en die Magaliesberge. Prys vanaf R1 750 p.p. vir ’n halfuur. Meer inligting: 083 776 6667 of mjd.steyn@absamail.co.za