Dié beeldskone Parysenaar en Oscar-wenner is perfek vir die beeld van hierdie bekende Franse modehuis. Haar sjiek elegansie is 'n toonbeeld van vroulikheid, net soos Dior. Christian Dior het in die 40's die vroulike kurwes laat seëvier en die modehuis gee vandag nog die toon aan onder leiding van Raf Simons, die nuwe kreatiewe direkteur.
Marion Cotillard is die gesig van die handsak-reeks

Die nuwe reeks handsakke, met interessante detail soos tweed en deurstik-afwerking, is perfek vir die moderne vrou.

Hier is 'n kykie agter die skerms:

Vir meer inligting besoek www.dior.com