Vroue is lief vir die winkels, maar ons is nét so lief vir aanlyn-inkopies, want meer gerieflik kry jy nie! En of ons nou op soek is na die nuutste modes, grimering, parfuum of velsorgprodukte - vroue klik graag aanlyn om die nuutste, beste produkte te kry.*

Daarom is www.redsquare.co.za, 'n splinternuwe aanlyn-winkel, dié plek om te wees. Spesiaal ontwerp vir besige vroue wat passievol is oor skoonheid, maar nie altyd tyd het om in een van Red Square se 39 winkels landwyd rond te loop nie. Hier kan jy na hartelus al jou gunsteling-produkte in 'n mandjie laai, en binne minute seker wees dit is op pad na jou huis toe en sal binne 2 tot 7 werksdae afgelewer word.


Die Red Square-aanlynwinkel spog met duisende items, en by die dag word nuwe, opwindende produkte by dié katalogus gevoeg. Dit sluit in voorste handelsmerke soos Dolce & Gabbana, Hugo Boss en Calvin Klein.

En hier's die kersie op die koek:

Saam met elke bestelling kan jy tot en met drie produkte kies om uit te toets. Die klein toetsproduk (sample) word dan gratis saam met jou bestelling afgelewer. Nóg iets waaroor ons almal opgewonde is, is die saamgesels-opsie in die winkel. Hier kan jy kommentaar lewer, vir ander kopers raad gee, of selfs lees wat ander van die produkte dink.

Bestellings van R350 of meer word gratis afgelewer, andersins betaal jy ‘n standaard-afleweringsfooi van R45. Jy betaal vir jou aankope met jou kredietkaart of Thank U-rekeningkaart van Edgars, Jet, Boardmans of Legit. Bestellings word binne 2 tot 7 werksdae afgelewer en jy kan enige van die produkte na jou naaste Red Square-winkel terugneem as jy nie gelukkig is nie. Onthou ook om op die nuusbrief in te teken sodat jy op hoogte bly van al die opwindende nuus!

Jou eerste kopie!

Kry R100 afslag wanneer jy jou eerste aanlynkopie doen van R650 en meer. Gebruik die koopbewys-kode: ‘press100’. Aanbod geldig tot 30 Junie 2013.

*Volgens comScore se digitale bemarkingsintelligensie en -navorsing.