Die Soedanese supermodel Alek Wek is onlangs as die gesig van die Brasiliaanse skoenmaker Melissa se Rainbow-veldtog aangewys. Die reeks spog met 'n mengsel van kulture, kleure en style, wat dit perfek maak vir ons unieke Suid-Afrikaanse mark.

Die veldtog is kunstig en Wek lyk soos 'n ware Afrika-prinses in etniese uitrustings waar sy staan voor 'n veelkleurige agtergrond wat Melissa 'n “technicoloured Melissa rainbow” noem.

Die vreeslose Alek Wek; die moderne Afrika-prinses!Raak speels met hierdie gemaklik- en kleurvolle sandale!

Skoene uit die reeks wissel van jou alledaagse plat sandale tot jou meer formele wighakke. Die skoene is tot Maart 2013 beskikbaar by uitsoekboetieks landswyd. Dit is ook aanlyn by www.melissaza.co.za te kry.

Skakel 021 425 3779 vir meer inligting.