Tyd is iets wat ’n mens nie aldag kry nie. Vra enige vrou wat moet rondhardloop tussen dit en dat en die kinders. Tussen huis en werk en die winkel. (Dan’s daar êrens nog ’n man ook tussenin.)

Dit vat als tyd – ’n vrou se tyd. ’n Man verstaan ... Maar daar is maniere waarop ’n vrou haar eie tyd mors, sy kom dit net nie agter nie. Tee drink saam met vriendinne is nie een daarvan nie, inkopies ook nie. (’n Man mag dit dink, solank hy dit nie sê nie.)

Dis baie meer subtiel ... ’n minuut hier, twee minute daar. Teen die einde van die dag is dit ’n uur.

Noem dit die 13 Reëls van Vinnige Tydbesparing:

  • WENK # 1 Knip jou eie storie kort. (“Wat bedoel jy?”) Dit sal moed en aanpassing verg, maar dit kan gedoen word – laat net onnodige detail uit. (“Álle detail is nodig!”)