Daar is 'n paar redes waarom ek trots is op myself en ek is opgewonde.  Ek hoop met alles in my jy kry ook 'n paar goed in jou lewe om trots oor te voel en net 'n gelukkiger jy te wees.

  • Ek is trots oor die feit fat ek laas week 'n normale grootte hemp vir my kon koop by 'n kettingwinkel.
  • Ek is trots dat ek al in die spieël kan kyk en die positief in my lyf kan raaksien.
  • Ek is trots dat ek elke dag mooi wil lyk omdat ek voel ek verdien om mooi te lyk. 
  • Ek is trots dat ek elke dag oefening inkry.
  • Ek is trots dat ek lewe en mense in my lewe het wat my liefhet vir wie ek was is.  
  • Ek is trots daarop dat ek spiere bou en liggaamsvet verloor.
  • Ek is trots dat ouens eintlik vir my sê: “Sjoe Andri, jy lyk mooi” en ek kan sien hul bedoel dit, dit was 'n eerste!

Ek het Sondag vir die eerste keer in my lewe 'n 5km stap wedloop gedoen en dit was ongelooflik lekker en was so trots op myself dat ek dit klaargemaak het en sal beslis weer so iets doen. Onthou as ek dit kon doen kan julle almal , staan op en stap! Dit was 'n groot emosionele en fisiese hekkie wat ek oorkom het.

Julle almal is pragtige mense en verdien om trots op julself te wees, daai klein dinge in die lewe maak daai groot verskil, moenie wag vir 'n wonderwerk om te gebeur nie, jy is daai wonderwerk! Glo net in jouself!

Eet gesond, beloon jou af en toe met iets lekker, drink baie water en oefening!
Baie dankie, jul motiveer my geweldig en los kommentaar oor wat JOU trots maak.

Baie liefde

Tot volgende keer

Andri