Jammer ek was bietjie stil, maar hier gaan dit baie dol, en nie so goed met my emosionele stryd van my journey nie...

Ek is nou al 14 maande op my journey, en watter awesome 14 maande, maar dit raak nou lank en die kos raak vervelig en die lewe gaan aan. My motivering raak minder en my kop raak maller...

Ek sê die naweek vir my ma-hulle dis nou regtig moeilik. Ek wens iemand kan 100% verstaan waardeur ek gaan, dat ek by iemand gaan sit en net praat. En ek wens vir meer innerlike motivering!

Ek het Maandag besluit om weer op die skaal te klim, na drie weke... Want ek het  bietjie te lekker geëet die afgelope tyd en kan julle glo toe ek op die skaal klim is ek deur alles 'n wonderlike 2.5 kilo’s af! Net daar het ek besef ek moet weer in myself glo, en besef perfeksie is in my kop. Ek is pragtig en niemand in die wêreld is perfek nie! 

Ek het nooit besef hoe groot impak het gewig op mense nie, altyd net gedink jy lyk nie mooi nie, maar die res is normaal, maar ek besef elke dag meer hoe groot impak het mens se gewig op alle aspekte vandie lewe. Ek groei geweldig en ek hoop julle almal kan saamstem dat mens regtig net beter voel!

Ek wil diep uit my hart dankie sê vir elkeen se ondersteuning, as jy ook op 'n journey gaan, kry mense wat jou ondersteun, mens kan dit regtig nie alleen doen nie!

My suster in 3 maande 9kilos verloor, ek is baie trots op haar! En ek weet daar is so baie van julle wat groot hoogtes bereik!

Ek staan 'n rukkie terug by een van my goeie vriende, en 'n ou vra of ek sy meisie is, en gewoonlik het ouens dit gevra as 'n groot grap en gelag, maar die eerste keer het iemand dit ernstig bedoel en daai oomblik het net weereens besef ek gaan nooit terug draai nie, ek gaan al vat dit langer, die beste mense wees wat ek kan wees!

Baie liefde