Hoe was my week? My week was goed het darem weer 1.3 kilo’s verloor vandat ek laas vir julle geskryf het.

Iets wat my aan die begin van my lewenstyl-verandering baie moeilik was is my verhouding met kos, dit was vir my baie oninteressant en verbeeldingloos .

Ek het net geëet omdat ek moet en gedink aan hoe ek wil lyk, maar dis 'n groot fout, mens moet nog steeds vreugde in jou kos vind, kos speel 'n baie belangrike deel van ons lewe, én ons sosiale lewe. Dit is ongelooflik lekker om te sien hoeveel gesonde opsies is daar by restaurante beskikbaar is. Dit is lekker om verskillende slaaie te bestel, of 'n gesondheids wrap...

Mens moet besef mens se lewe staan nie stil as jy gesonder eet nie, inteendeel dit begin eers, want jy begin soveel meer dinge raak sien.

Dit raak nou lente en die dae raak mooier, maak vir jou 'n lekker slaai en gaan sit in die tuin en leef, jy gaan verseker beter voel as wat jy 'n hamburger en chips voor die TV sit en eet! Dis die klein veranderinge wat die grootste impak het.

Nog meer oor hoe ek my kop geswaai het: Ek het regtig baie gebid oor die saak. God speel 'n baie groot rol in my verandering.

Oefening speel 'n groot rol. Ek gym, maar om vir 3-4 keer per week so 20-30 minute te stap doen ook wonders, nie net vir die gewig nie maar ook vir die siel. Maak tyd vir oefen onthou dis jou lyf en jou lewe wees selfsugtig vir 20- 30 minute van jou dag.

’n paar wenke wat vir my werk probeer dit gerus:

  • Treat jouself een keer per week, jou lyf en siel het dit nodig.
  • Eet gereeld joghurt ek love dit.
  • Moenie te veel vrugte nie
  • Een keer per week bietjie popcorn

Julle almal is super special en onthou julle is pragtig moenie dat iemand jul laat twyfel nie!

Tot volgende keer

Andri

Volg SARIE op Twitter en Facebook