In die winter kon ons al die dele wat ons nie wil af show nie wegsteek deur 'n baadjie of 'n langbroek, maar nou kan ons nie.

Om baie eerlik met julle te wees, is ek bang om my somersklere te dra. Al lyk ek beter as laas somer, het gehoop ek gaan nóg beter lyk en gehoop die vrees van somersklere gaan verdwyn.  Maar daardie selfde vrees is hier en dit maak my hartseer. Dalk is ek te hard op myself en verwag ek meer van myself as wat ek moet.

As ek sien hoe lyk ander meisies raak ek  jaloers, veral as ek hulle sien met 'n sjokolade! En steeds het hulle die mooiste bene en lyk hulle super sexy in hul somersrokkies.

Dis nou net daar waar ek die fout maak... Ek moenie jaloers raak nie! Ek wil nou 10 stappe vooruit spring en soos 'n maer model lyk, maar dis waar ek getoets word. Dit is nou net hier waar my wilskrag en wil vir sukses en positiewe resultate inkom...

Dis normaal om party dae negatief te voel.  Indien jy soos ek voel oor somersklere:  jy is nie die enigste een nie! Die lekker ding is om te weet dat al my harde werk, later vrugte sal afwerp.  Ek moet net vasbyt en moedhou! En die beste van alles is dat God, my gesin én julle my hierdeur help. Hoe kan ek dan nou tou opgooi?

Kry jou kop weer reg, eet bietjie gesonder en stap bietjie verder die week. Onthou, ons doen dit saam!   

   
’n Gedagte vir die week wat my dra is: Voed jou liggaam met gesonde kos, want jou liggaam is 'n tempel van God!

Baie liefde, hou moed en glo jy kan enige iets doen wat jy wil!

Tot volgende keer

Andri