Hallo. Ek lees die verhaal van Nicci du Preez in SARIE Augustus uitgawe, en ek brand om my verhaal te vertel. Ek het polio opgedoen op 3 jarige ouderdom, en vir die volgende 10 jaar het ek elke jaar `n operasie ondergaan soos die dokter my bene probeer verbeter het, en ek kon loop en fietsry en speel soos `n normale kind. My ouers het my grootgemaak om soos die ander normale kinders te wees en ek is met `n goeie skoot "ek kan self / ook" geseën. Volgens my oudste suster het ek met `n groot wil regop leer staan terwyl my bene nog verlam was. My swaer (wat seker 20jr ouer as ek was) was in die lugmag, en ons gesin het gereeld na lugskoue gaan kyk. Ek was in ekstase oor die vliegtuie, maar die helikopters het my hart gesteel ! Onthou julle die fliek Blue thunder? En die ander een met die wit helikopter, Airwolf ? Ek het dit oor en oor gekyk!!! Ek was betower en ek wou dit ook doen! Wel, die tyd het gekom dat ek moes kies wat ek naskool wil gaan studeer en ek het Mikrobiologie gekies, maar na die eerste semester oorgeskakel na Landbou Navorsing want ek sou Veeartsenykunde as vak gehad het, want ek het meer van groot diere gehou as kleintjies! Ek is getroud en het `n seun en dogter gehad, en die jare het verby gegaan, kinders is getroud, en toe my man as konstrusiebestuurder begin weg van die huis werk, kon ek saamtrek. So het dit gekom dat ek in Botswana in `n klein dorpie, Selebi Pikwe, in `n klein huisie , deur `n tydskrif blaai en lees van `n 40 jarige vrou wat haar kommersieële vlieglisensie behaal het. Ek het begin wonder: sal ek dit kan doen, ek wat teen die tyd al in my vyftigs was, vol artrites, oorgewig (die doring in my vlees!), ek wat skaars trappe kon klim en gad nie hardloop nie? `n Droom is gebore! Maande later werk my man in Natal en ons bly in Umkomaas by die see, en daar begin ek praat. Vertel my man van my droom: hy sê hoekom nie! My seun sê: mamma se hande, die artrites! My dogter lyk skepties! Vir my 54 ste verjaarsdag bespreek ek `n helikopter plesiervlug langs die kus, maar toe ons moet inklim, stoot ek my man vorentoe en klim agter in saam met my skoonseun en dogter. Van die oomblik dat die helikopter opstyg was ek op `n ander plek - - nie meer mens nie - -ek het gesweef! Dit was wonderlik, en ek het gelag! Die droom het groter geword! Terug in Pretoria het ek in 2008 begin navrae doen by vliegskool na vliegskool. Kan ek, op my ouderdom, met polionagevolge, leer helikopter vlieg? Die antwoord was JA!! mits- - - - ek die medies vooraf slaag! Ek het `n vlieg mediese dokter opgespoor, afspraak gemaak, en wonder bo wonder het die dokter nie uitgebars van die lag nie! Hy het belowe dat hy alles sal probeer om my te help om medies te kwalifiseer. Ek moes kardioloog, neuroloog, oogkundige, pataloog ----noem maar op, toe gaan en by almal kry ek die groen lig! Op my aansoekvorm moes ek medikasie invul wat ek vir hoë bloeddruk gebruik, en die dokter het ander, toelaatbare medikasie voorgeskryf, en my aansoek na die SACCA aangestuur. Ek is diep gelowig en ek het vir die Here gevra om Sy wil te laat geskied. Ek glo ek het sover gekom sonder dat Hy in my pad staan, maar as ek medies afgewys word omdat ek polio gehad het,sal ek dit as Sy wil aanvaar. Die brief het gekom, en ek is medies afgekeur omdat - - wag vir dit - - ek die verkeerde medikasie gebruik! Nie `n woord oor my polio nie! Ek was platgeslaan, en het na die dokter gegaan met die brief. Hy was ontstoke! Die CAA het nie in ag geneem dat hy my op nuwe meds geplaas het nie. Ek was egter so oortuig dis die Here se wil dat ek hom gevra het om dit daar te laat. Maande later kry ek weer `n brief wat my letterlik in my spore laat vassteek het, ek kon nie beweeg nie!! Ek is medies goedgekeur, ek kan gaan leer vlieg! Here? Terug by die dokter vertel hy, hy het geapelleer by die CAA en die fout reggestel. Ek het voorheen met `n vliegskool by Grand Central gepraat wat naby my huis is, maar die hoofinstrukteur wou niks van my hoor nie. Die dokter het hom gevra of hy my nie net in die helikopter wil laat sit sodat ons kan sien of my voete die pedale kan bewerk nie, maar hy het geweier! Toe sê die dokter ek moet vliegskole op Wonderboom lughawe skakel, miskien word ek daar gehelp. So kom Powered Flight vliegskool in my lewe, en my lewe was nog nooit weer dieselfde nie!! Die hoof van die skool, Martin Jacobs, het my uitgenooi om te kom vlieg, hy het gesê hy sal nooit in iemand se pad staan wat wil leer vlieg nie! So het ek op 28 Mei 2008 vir my bekendstellingsvlug opgedaag. Die liedjie :" vlieg soos `n arend" het oor en oor in my kop gespeel. Een van die skool se instrukteurs het saam met my gestap na waar die helikopter gestaan het. Hy het `n "pre-flight" gedoen, en elke dingetjie aan my verduidelik. dit is iets wat voor elke vlug gedoen moet word! Uiteindelik sit ek in die heli en die pedale kan maklik deur my ietwat anders voete bewerk word. Ek het gefassineerd gekyk wat hy doen met my hande op die kontroles ( nie eens die artrites gevoel nie!), en hy het opgestyg - - dit het gevoel asof die aarde sagte spons was en ons het dit saggies agtergelaat. Ek dink ek het my asem opgehou toe my maag lig word--so `n pretpark gevoel! Ek was deel van die lug, ek was in die lug, ek was die lug! Die instrukteur het my aangesê om die kontroles liggies vas te hou soos dit is, en gesê: "you are in control!" But i am not doing anything, how can i be in control? Hy het sy hande in die lug gehou en gesê: ( look, no hands, you are controlling the chopper) Here, kan dit waar wees? Hy het my gewys hoe om te draai, links,dan regs. Opwaarts en afwaarts, in die rondte. Hy het my `n kring onder op die aarde gewys en gesê ek moet probeer om om die rand van die kring te vlieg. My kring was eiervormig, maar dit was reg. Na wat vir my minute lank gevoel het is ons terug lughawe toe, geland en kantoor toe. Ons was `n hele uur in die lug! Ek het gebewe van die adrenalien en opgewondenheid, en ek het geweet ek WIL, ek MAG, en die Here weet ek SAL! Om `n lang storie kort te maak, ek het Janurie 2009 begin met my vlieglesse, en ek het die boeke gekry vir die vakke wat ek moes leer en ook eksamen skryf, maar ek is mos nie dom nie, en ek is mooi groot, dit gaan nie `n probleem wees nie! HAH - - het ek maar geweet!!! Ek het gedink ek gaan so tussen my naaldwerkklub en bybelstudie dae leer vlieg en sommer vinnig die eksamens skryf, maar in daardie eerste jaar het ek slegs een vak onder die knie gekry en geslaag na `n paar probeerslae - - slaagpunt is immers 70%. Die eerste keer wat ek `n vak gedop het, was ek `n week lank depressief!!! En met die vlieg was dit op en af. die een dag goed en die ander dag kon ek niks regkry nie. Maar die dag dat ek `n nuwe les reggekry het, het die son geskyn al was die lug betrokke! Die dag toe ek self kon hover, daardie dag sal altyd soos `n vlinder in my maag bly hang! en stadig soos die ure meer geword het,en Martin het my vooraf gewaarsku dat dit my op my ouderdom langer gaan neem om te leer vlieg as die jong outjies pas uit matriek, stadig het die wonderlike uur aangebreek vir my eerste solovlug. My man was saam met my by die lughawe, en die oggend het ek `n laaste vlug saam met my instrukteur gevlieg, en later sou Martin saam met my gaan vlieg om my te evalueer, en dan sou dit ja of nee vir solo wees. Maar die wind het gewaai!!! so gewaai dat ek nie mag vlieg nie! Teen die wet! Martin het gesê ons moet maar kyk wat later in die middag gebeur, en terwyl ek gewag het het ek gebid vir windstilte, en familie en vriende ge sms en gevra : "bid asseblief vir windstilte, nie minder wind nie, windstilte!!" Na vyf het die wind bedaar en Martin het my heli toe gestuur om "preflight" te gaan doen. My hart was in my keel! Ek het skaars my man se bemoedigende woorde gehoor. Ek het gebid dat my bene my tot by die heli sal dra. So in die agtergrond het ek gesien hoe my man die videokamera opstel, met die stilkamera om sy nek.( teen daardie tyd het ons al tonne fotos en cd's gehad van my vlieglesse). Ek het gesien hoe Martin se vrou nader staan en nog ander, en Anton, my instrukteur was daar, maar ek kan nie onthou wat hy gepraat het nie! Martin het ingeklim. Dit was `n perfekte September dag, en Dirk, my man, het die windkous afgeneem - - dit het slap teen die paal gehang-- windstilte - - dankie Here! Ek het opgestyg, glad soos seep en my heli laag gevlieg (ge-taxi) na die wegspring plek. Ons het om die lughawe gevlieg en ek het gedoen wat ek geleer is om te doen,en toe is ons terug helipad toe. Martin het my toestemming gegee om te gaan solo.! Wat `n gevoel! Toe ek opstyg moes ek kyk watter tekens Martin my gee. Ek moes hover en na links draai en 10 tellings daar hang, toe regs en 10 tellings daar hang, en toe ek terugdraai na voor, toe gee Martin my die teken met die swaai van `n arm dat ek kan gaan vlieg! Ek, Annemarie, was die eerste keer alleen in die heli! Al wat ek kon doen was om vir die Here te sê: " kom Here, vlieg saam" Dit was onbeskryflik mooi. die son was besig om agter die wolke onder te gaan, die lug was so sag soos botter, en ek het gesweef soos `n arend! Toe ek die heli kantel vir die eerste draai na links, het my maag gedraai,want omdat dit warm was is die voorste deure afgehaal, en daar waar die instrukteur gewoonlik sit is niks, en toe ek so afkyk sien ek vir die eerste keer hoe dit lyk!! Dis vêr ondertoe! Maar ek het vorentoe gekyk, my instrumente dopgehou en my ding gedoen. En ek het gelag!!! my glimlag was `n myl breed! Ek is terug helipad toe waar Martin dadelik in die heli kom sit het en die afskakel prosedure begin doen het, (hy sê die leerlinge is gewoonlik so vol adrenalien na `n eerste solo, dat hulle vergeet hoe om af te sluit!), hy het sy hand na my uitgesteek en vir my gesê: " thanks for bringing my chopper home safe"! Ek was in trane! Blydskap na al die harde werk! Anton het die kamera by Dirk geneem en my so met trane en al afgeneem, en op die klank van die video kan ek hoor hoe my man in trane, met ons dogter oor die telefoon praat om te vertel dat ek sopas geland het! Dit was die grootste oomblik van my lewe. Geen mens kan dit ordentlik beskryf nie! 2010 het vir my sleg begin! Ek moes `n knievervanging ondergaan, en dit het beteken 3 maande geen vlieg (dit is solovlieg) nie, maar weereens het die Here my genadig gewees en 5 weke na die operasie het ek kruk en al heli toe gestap en saam met my nuwe instrukteur, Koos , gaan vlieg! 7 weke later moes ek weer medies goedgekeur word, en toe het die "crosscountry" solo's begin. Ek, wat `n jaar tevore nie geweet het waar is noord of suid nie, moes leer navigeer, leer kaart lees, en ek moes nog ses vakke leer en skryf. Sommiges het ek die eerste keer geslaag, en nog ander `n paar keer gedop, sleg gevoel en weer gaan studeer. Uiteindelik het ek almal geslaag. dit alleen is `n wonderwerk! So sonder dat ek dit regtig besef het, is voorbereidings gedoen vir my toetsvlug. Ekstra vliegure, CAA wat in kennis gestel moes word dat ek meer ure as normaalweg gevlieg het voor my toets vlug, en toe die dag dat Martin my gaan evalueer! Ek was voos, moeg geleer en gevlieg, dieselfde prosedures oor en oor. Ek het een dag in die kantoor gesit en Martin het gevra wat is fout. Ek kla toe oor ek Maandag vir my toetsvlug saam met `n man moet gaan vlieg wat ek nog nooit ontmoet het nie. Hy kom toe met die oplossing dat die man, Dave, Vrydag my kan evalueer en dat hy wat Martin is, my dan Maandag sal toets. Ek het ingestem. Die volgende dag het ek toe saam met Dave gaan vlieg, maar die ander leerlinge en instrukteurs het snaaks opgetree. Hulle het gevra het ek dit en dat gedoen vir my vlug, het ek my kaart gemerk, het ek my "kneeboard?" Ek was vebaas want ek gaan alles mos eers Maandag nodig kry, maar hulle het gesê dis ok, vat saam wat ek reeds gedoen het. Ek is saam met Koos helipad toe, het gedoen wat ek moes en aangeskakel, en nou wag ek vir Dave. Koos bly by my staan en vertel my ek moet net kalm bly, Dave is `n gawe ou! Dave is toe `n gawe ou - - hy het my kaart op die agterste sitplek gegooi, vir my gesê hy sal die radio praatwerk doen, ek moet net ontspan en vlieg, hy sal sê waar. Ons is Grand Central toe waar ek gaan hover het oor `n helipad, en Dave praat, weer opgestyg, gevlieg tot hy my in `n ander rigting gestuur het, vir my gesê ek kan maar vinniger vlieg, hy wat Dave is, is `n voorstander daarvan. Lekker!! Martin het juis kronies vir my gesê: "slow down cowboy!" By `n klein vliegveldjie het hy my laat noodlandings doen, my hoog laat vlieg en gedemonstreer, weer noodlandings en ander noodprosedures laat doen, en toe sê hy: "Kom ons gaan huis toe my vrou wag vir my" ! Dit was `n heerlike vlug terug, en toe ons Wonderboom sien en ek met my landings prosedures begin, toe vra hy uit na die 'warninglights' wat is die een? Dit is die olieliggie. Ja, maar wat veroorsaak dat dit aangaan? En die oranje een? Ek slaan toe! Ek weet niks, ek gorrel!!! Ek land, en woeps spring Dave uit en los my om die afsluitings te doen. Ek sien hoe praat hy, Martin en Koos. Dit vat `n tydjie om alles af te sit en om my spesiale opgeboude skoen uit te trek en `n ander aan te trek, en toe stap en na die manne toe. Martin en Dave draai na my en sê: " baie geluk, jy het jou toetsvlug geslaag! Jy is nou `n 'pilot'!" Koos glimlag van oor tot oor, en ek? ek dink my mond het oopgehang!! ek kon dit nie glo nie! maar toe laat Dave my ballon bars, Ek moet Maandag `n kort toets oor einste 'warninglights' skryf voor hy my sertifikaat sal teken! Die skelms het gesien ek is moeg en senuagtig oor die man wat ek nie ken nie,en toe vertel hulle my nie dat Dave my daardie dag gaan toets nie! Maar daar was die res van die dag `n glimlag op my gesig! Dit was so bietjie van `n antiklimaks, want ek wou dat Dirk daar moes wees om die gebeurtenis af te neem! Toevallig was dit Dirk se werk kersparty, en hy was so trots, toe ek daar aankom het omtrent almal my kom gelukwens! Ek het so spesiaal gevoel! Maandag het ek toe my toets geslaag met Koos se hulp, my laaste solovlug gaan vlieg, want ek het nog een uur nodig gehad, en dit het Koos met ons videokamera vir my afgeneem. `n Week of wat later het ek my lisensie boekie by CAA gaan haal en daar het dit swart op wit gestaan!!! Ek het `n lisensie om `n helikopter te vlieg..... ek het die grootste uitdaging van my lewe met baie gebed en genade geslaag!!! Dis nou al 18 maande later en ek moes na die eerste jaar weer getoets word,wat ek geslaag het, en nou sal ek eers end volgende jaar weer getoets word. Ek is van plan om so lank aan te hou vlieg as wat ek medies geskik bly, en ek daag myself uit om in my sestigste jaar my 'Night rating' te voltooi. Watch my! Annemarie van den Berg. PPLH