Ek weet ek moenie my troos in kos soek nie, maar as ek terneergedruk voel of ontsteld is, gryp ek dadelik na iets soets. Ek proe skaars wat ek eet, maar as ek weer sien, is 'n hele boks koekies daarmee heen! Ek raak ál vetter en voel ek het nie meer beheer oor my gewig of emosies nie. Wat moet ek doen?