So sê Leonoré van der Merwe van Erasmusrand, Pretoria, wat in 2011 binne vier maande van ’n nr. 40 tot ’n nr. 38 gekrimp het. Leonoré moes ná ’n motorongeluk 13 operasies ondergaan. Sy kon vir vier jaar net met krukke en ’n rolstoel oor die weg kom en het 20 kg gewig aangesit.

“’n Dieetkundige het my dieet aangepas. Balans is belangrik. Ek het ontdek ek eet te veel vrugte en kaas, en neem te min koolhidrate in. Jou liggaam het dit nodig vir energie-vrystelling. Ek het ook geleer om binne die beperkings van my beserings oefeninge te doen. Ek weet nou: Jy kan enigiets regkry as jy regtig wil.”