"Ek weet nie of wat ons doen reg of verkeerd is nie. Elkeen hanteer rou maar op sy eie manier. Ons praat baie oor hoe ons kinders was. Hulle is orals. Jy dink heeltyd: Boeta of Kirsten sou nou dit gedoen het. Ek weet nie hoe verwerk 'n mens jou kinders se dood nie. Ek sukkel. Jy kán dit nie verwerk nie, net hanteer." - Patrys van der Merwe, ma van Kirsten (4) en Phillip (1) wat op 18 Mei 2009 uit die plaasbakkie geval het en onder die agterwiele beland het

SARIE praat met Patrys en haar man, Jan-Hendrik, oor hulle groot seer. Lees die volledige artikel in die Januarie-uitgawe van SARIE.