Wanneer Saartjie iets asemrowends ontvang, moet sy dit net met almal deel ...

SAARTJIE inbox

In 2012 het 160 milljoen mense reg oor die wêreld die kortfilm L'Odyssée de Cartier deur die Franse regisseur Bruno Aveillan gesien. En op 28 September vanjaar is Cartier se nuwe kortfilm, Shape Your Time, weer eens die werk van Aveillan, bekend gestel. En nou, net twee dae ná die bekendstelling, het byna 'n halfmiljoen mense dit reeds gesien. Daarom het ek gedink ek móét dit net met julle deel.

Die nuwe kortfliek is eintlik gemik op mans, want dit wys 'n nuwe reeks manshorlosies. Die spel tussen die verlede en die toekoms wys duidelik waarom Cartier een die voorste horlosievervaardigers in die wêreld is.

Wat dink julle van hierdie nuwe kortfilm?